Jare gelede was daar ’n knaap in die TV-reeks Agter Elke Man met die
naam Bruce Beyers (Steve Hofmeyr). Hy was die skorriemorrie in die
reeks. Met sy blonde hare en kitaarspel het hy baie vroue se harte laat
vermurwe. Hy’t selfs diep in die hart van Antie Stienie (wyle veteraanaktrise
Dulsie van Den Bergh) gekruip – die sigaretrokende tannie in die reeks wat in
die onderdorp gewoon het. Sedertdien het daar baie water in die see geloop en
Steve het ’n huishoudelike naam geword met sy musiek. Die sanger het ’n groot
liefde vir die Boland en is baie gewild hier en trek altyd vol sale wanneer hy
hier optree. Op 22 September word Steve
se nuwe CD, Toeka 3, uitgereik. Ons het met hom gesels oor sy nuwe CD, sy
liefde vir Afrikaans en die sing van Die Stem.
Toeka 3
word vandeesmaand uitgereik. Wat kan aanhangers verwag? Liedjies wat my as jong man persoonlik geraak het. Soos Pierre de
Charmoy, wat my aangeraai het om ernstig ’n loopbaan in musiek te oorweeg. Hy
het destyds vir ons troepies op die grens kom sing. Toe weet ek dis die beroep
vir my. Dan is daar liedjies soos One Last Kiss (saam met Clive Bruce), My
enigste een (saam met Herbie, want Spence is toe al lank oorlede), Kom terug
(saam met André Schwartz) en Daar’s ’n plek (saam met Coenie de Villiers). Vir
die Stormers is daar die bonussnit Ons bloed bly blou en my nuwe ene, Sit dit
aan (’n liefdeslied om die tema van vliegtuie wat deesdae so neerstort). Het ek
Die Stem genoem? Ook daar. Altesame so 20 liedjies.
Jou
laaste CD, 25 se bestes, is in 2012 uitgereik. Hoekom so lank wag voor die nuwe
een? Ja. Ek probeer die siklus breek van ’n CD per jaar. Dis nie meer nodig
nie. Daardie stamina los ek vir die jongeres. Die breek het my die tyd gegee om
die wêreld (letterlik) plat te toer. Ons het Pampoen en Agter elke man gesing
vanaf Vancouver, deur Klerksdorp tot in Christchurch.
Jy’t
onlangs in Amerika vakansie gehou. Wat verbaas jou die meeste van die
Amerikaners? Amerikaners en Australiërs kry die
beskawingding reg omdat hulle al so lank besig is daarmee. Dis moontlik effens
steriel vanuit ons oogpunt, maar daar is dit nog ’n voorreg om belasting te
betaal, want dit kom terug na jou. Natuurlik is Amerikaners nie besigheid nie.
Ek sing spesifiek vir Suid-Afrikaners en Afrikaners daar. My konsert verander
nie en ek sien hoe die Boere, terwyl ek sing, vir hul Yankee-eggenotes moet
vertaal!
Wat dink
jy is die grootste wantasting wat buitelanders van Suid-Afrika het? Ek is meesal verbaas hoe min ons op hul radar konfigureer. Wit
Afrikaners is vir Amerikaners ’n duistere begrip. Maar as jy praat van ekspats,
is dit verblydend om te sien hulle het ons nie vergeet of afgeskryf nie. Hulle
sal selfs terugkom as iemand hulle kan belowe dat daar ’n vreedsame, regverdige
toekoms op hul kinders wag. Dit kan ek hulle nie belowe nie. Daarom verstaan ek
emigrasie.
Amerikaners
is baie patrioties. Dink jy ons Suid-Afrikaners is? Ons is
uiters patrioties. Die bywoning van konserte moet een bewys wees. Ek het ’n
organiese opinie van patriotisme en erfenis. Ek glo nie dit kan afgedwing word
nie. Mens moet jou taal, kultuur en selfs godsdiens geniet omdat jy WIL, nie
omdat jy MOET nie.
Steve Hofmeyr in Agter Elke Man |
Wat is
jou boodskap aan dié wat jou gekritiseer het oor die sing van Die Stem by die
Inniebos-musiekfees? Ons moet die banvloek op
ons kultuurgoedere (wat nie haat en geweld bevorder nie) lig. Mandela self was
verantwoordelik vir die grepie daarvan in ons huidige volkslied. Dis ’n gebed
soos Nkosi Sikelel’iafrika en niemand vra om die huidige volkslied te vervang
nie. Ons vra net om nie kultureel voorgeskryf of gemarginaliseer te word nie.
Dit is eintlik baie eenvoudig. Ek sing dit elke aand. Nog nie een enkele aand
het die gehoor, oud en jonk, nié opgestaan, hul hand op die hart gesit en fier
en trots die woorde saamgesing nie.
Ons
politici sing Kill The Boer, Kill The Farmer en Umshini Wami, maar as iemand
waag om Die Stem te sing ontketen dit ’n hele bekgeveg. As jy nie Die Stem sing nie, of ander keer wat dit doen, is jy die
soort sissie vir wie demokrasie NIE bedoel is nie. Die grondwet maak dit duidelik
dat lirieke wat geweld en haatspraak aanhits, nie wettig is nie. Dit sluit
daardie twee tragiese verskonings vir tradisionele liedere uit. Uiteindelik is
Die Stem, soos Nkosi, ’n lieflike gebed, maar een spesifiek vir hierdie land
geskryf. Dit was ook ’n gedig vir meer as twee dekades voordat dit ’n lied
geword het.
Kom dit
nie neer op vryheid van spraak nie? Lyk my
die liberale wat die hardste geveg het vir daardie vryheid het vergeet om ons
te waarsku dat sekere mense meer vry is as ander. Mens sou dink dis vandag
bykans onmoontlik om liedere te verban soos in die vorige regime. Die Stem is
nooit verban nie. Ons het maar net geval vir die opvatting alles wat ons doen
en is, is sleg.
Comments
Post a Comment