Afrikaners is plesierig....

Ricus Nel (kykNET)
Plaaslike musikant Ricus Nel is 'n man van vele talente. Ricus, wat dertien instrumente kan speel, is ‘n ou bekende in musiekkringe. Hy het al saam met die grootste name in Afrikaanse musiekbedryf die verhoog gedeel – Bok van Blerk, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en Lianie May om net ‘n paar te noem, en is ook gereeld te sien op Jukebox. Ricus is onlangs by Select geteken, en dis met groot verwagting wat ons uikyk vir sy eerste Solo CD. Hierdie hoogs begaafde musikant is gebore in Rustenburg in 1979 waar hy meeste van sy grootword jare deurgebring en by verskeie geleenthede as musikant opgetree het. Ricus het egter groener weivelde gaan soek en na Pretoria verhuis. Hy doen gereeld sessie werk in studio’s vir verskeie musikante. Sy naam verskyn in meeste kunstenaars se CD inlets. Waanneer kunstenaars DVD’s opneem, is Ricus Nel die eerste keuse musikant om te nader. Hy is op Kunstenaars soos Kurt Darren, Juanita du Plessis, Wickus van der Merwe, Zack van Niekerk, Nadine en nog ander se DVD’s te sien. Met Ricus Nel se ervaring in die bedryf as musikant en sy vermoeë om professioneel met die kameras om te gaan, plaas dit hom in ‘n klas van sy eie. In onvoorwaardelike Ricus Nel styl.

Comments