André Swiegers se gay-debat

André Swiegers
Die plaaslike musikant André Swiegers het 'n klein storm ontketen toe hy Maandag sy mening op sy Facebook-blad gegee het oor gay-mense. Hy het geskryf: "As iemand gay is, aanvaar ek dit. Dit bly vreemd dat sekere gay mans hulle g@tte swaai as hulle loop (lyk soms of hulle 'n kredietkaart tussen die boude vasknyp). Gewoonlik ook daai groepie wat 'n show met die handjies opsit terwyl hulle met geaffekteerde stemmetjies praat. Verstaan dit nie, meeste verfynde vroue praat nie eers so nie. Daar's min dinge so erg irriterend soos aansitterige mense." Die reaksie was oorweldig en sekere mense het hom aangevat daaroor, maar hom ook ondersteun. Hy't later op sy Facebook-blad probeer verduidelik: "My status is nie gerig om gay mense uit te haal nie, dis hoofsaaklik gemik op aansitterigheid. Bloot my eerlike opinie. Verseker ook nie slegs mense innie gay-gemeenskap wat vreemde / irriterende gewoontes het nie. Daar is vir my 'n verskil tussen wat ek as vreemd / irriterend beskou, en om summier te beledig. Laasgenoemde is uit.! Alle mense het afkeure (en voorkeure) - hetsy of hulle straight, gay, blank, swart, ryk, arm of wat ookal is. Dis nie net aansitterige moffies wat my irriteer nie. Ook Julius Malema se gesig, dronk straight mans wat kwyl oor vroue, mense in rystoele wat lieg, regstellende aksie, sangers wat vannie noot af sing, oorgewig polisievroue, ens. Beter om te fokus op mense en dinge wat jou positief stimuleer." 'n Ene Ronel het op André se mening gereageer: "Ek aanvaar enige pienk, swart,wit; gay mense net soos wat hulle is, Andre val nie gay mense aan nie hy veralgemeen net!!!! Lees tussen die lyne...." Gaan lees sy volledige kommentaar HIER.

Comments