Bobby van Jaarsveld - "Nes sy pappa"

Die groot 'countdown' het begin vir sanger Bobby van Jaarsveld wat binnekort pa word. Hy't gister op sy Facebook-profiel 'n aantastingsfoto van die  baba van hom en sy vrou Annatjie geplaas en geskryf: "Ok julle, hier is 'n foto van seun Sion... ek dink hy lyk soos ek!!! oor so 3 weke kom hy!!" Sy vrou het lekker gelag toe sy dit hoor en het aan Die Burger vertel: "Ons is op 7 Januarie getrou en Sion is 'n honeymoon-baba. Bobby loop natuurlik so trots soos 'n pou rond en kan nie wag vir die volgende paar weke om verby te gaan nie." Ons is net so trots op julle Bobby en Annatjie!

Comments