Leon Schuster se Bok Tjoppie

Deel in die aanhitsende humor van die man wat die Springbokke al twee keer na wêreldrugbyglorie gelei het! Dit het in 1995 met Leon Schuster se album Hie’ Kommie Bokke (met verkope van oor die 235 000 albums!) begin en met die opvolgalbum vier jaar gelede, het die Bokke die beker weer huis toe gebring!
Nou mik Leon vir ‘n driekuns met sy splinternuwe Wêreldbekerrugby-album  Bok Tjoppie – Op! Op! Op!
Met veertien splinternuwe liedjies – én die eertydse reuse-treffer Hie’ kommie Bokke as bonussnit bygeroer – wek dié humormeester nasionale trots  en vrolike rugby-samesyn. Met liedjies deur Neil McDonald, Don Clarke, Wendy Clarke, Gus Silber, Mike Valentine en Leon self, op-en-wakker spontane saamsingmelodieë en parmantige lirieke beloof dit om die beste rugby-album nóg te wees!
Leon vertolk die liedjies op dié tweetalige album in sy kenmerkende aanpor-styl. Tussen die terg and skater is daar egter ook, soos altyd, satiriese peinsoomblikke. Luister, dra jou Boktrui, skep gees en moedig die Bokke aan om die Beker terug te bring!

Comments