'n Klein pikkewyn vir Jakkie Louw

Die bekende Drie Pikkewyne-sanger Jakkie Louw het nou sy eie klein pikkewyn om na om te sien! Hy en sy vrou Annel het ouers geraak van die pragtige baba-dogtertjie, Linke. Hy het op Channel24 vertel dat hy sy kitaar-kamer in 'n baba-kamer omskep het en reeds vir Linke 'n wiegelied geskryf het. Hy't ook sy huis geverf, die tuinwerk gedoen en al die kaste uitgewas, "en nou is ek reg" terg hy. Baie geluk Jakkie!

Comments