Nicholis Louw sê sy sê

Nicholis Louw (Select Musiek)
Die Prins van Afrikaanse popmusiek, Nicholis Louw,  lig die sluier oor sy lekkerste vry nog, wat hom die josie in maak en sy liefde vir die ou TV-reeks, The Gummi Bears

Baie geluk met jou nuwe CD, Ek Is Daar Vir Jou. Kan jy die betekenis agter die titel verduidelik? Daar is geen spesifieke persoonlike betekenis aan die titel van die album nie, ons het dit gekies omdat dit n goeie titel vir n album is en omdat dit n baie populere liedjie is

Die CD wys jou stylveelsydigheid. Hoe sou jy verduidelike verskil die CD van jou vorige uitreikings? Met elke album verbeter n kunstenaar in terme van ondervinding en ek het hierdie keer intens betrokke geraak by die produksie van elke liedjie en ek was vervaardiger op al my vokale
Ons was veral verbaas oor Gummi Bears! Ons was groot "fans" van die reeks toe dit nog gewys het. Hoekom dit op jou CD insluit? Ek wou Gummi Bears van kleins af self sing want dis n baie kwl song, en dit was my gunsteling storie in die middae! Ek het die dvds daarvan en ek kyk dit nounog en geniet dit nog net soveel! Ek het nooit regtig n gunsteling karakter gehad nie ek het van elkeen gehou vir hulle eie kwaliteite.
Dan jou Roxette en Sting weergawes is juwele - hoekom dit doen? Ek het Roxette se Spending my time opgeneem want dis n fantastiese song en ek wou nog altyd die geleentheid he om dit self te kan sing, en Sting se Fields of Gold het ek omdat ek die potensiaal van die liedjie om in verskeie verwerkings vertolk te word, gesien het.
Die opera-liedjie is kragtig. Hoe het dit gebeur dat jy dit op die CD ingesluit het? Phantom of the Opera is een van my gunsteling liedjies van alle tye en ek wou die liedjie baie graag saam met Mauri opneem omdat ek nie van enigiemand anders weet wat dit so goed sou kon vertolk in die verwerking wat ek voorberei het nie.  Ek het nog altyd gevoel die stuk het die potensiaal om verder gevat te word in terme van die vertolking daarvan, en ek kan tot vandag toe aan niemand beter dink om my weergawe te vertolk nie.  Daar is eenvoudig niemand anders wat haar "spirit" en "ferocity" het nie en dit was vir my n groot eer en voorreg toe sy na twee jaar se smeek instem om dit saam met my op te neem!
Luister jy na opera-musiek en wie/wat is jou gunsteling opera-ster/opera-stuk? Ek geniet opera musiek verskriklik baie en ek luister gereeld daarna. Op hierdie stadium is my gunsteling opera/klassieke sanger die tenoor Vittorio Grigolo. Ek het nie n gunsteling opera of operastuk nie ek hou van die diversiteit van die stukke
Een liedjie wat 'n lekker glimlag op ons gesigte gebring het was Boeregirls Vry. So hoe vry 'n boeregirl? Hoe vry n boeregirl?? Uhm... Ek se mos! Lekker lekker lekker! Haha! Verder se ek niks!
Waar is die plek wat jy al skelm gevry/gesoen het? My skelm vryplek op skool was die afklas. Niemand het ooit daar gekom nie so oms is nooit gevang nie!
Vertel ons 'n bietjie van jou heel eerste soen? My eerste soen was verskriklik want ek het nie geweet wat ek doen nie.
Hoe vorder jou modelkarretjie versameling? My model versameling groei baie stadig op hierdie stadium. Die ekonomie laat nie toe dat mens op hierdie stadium geld mors nie. Maar my belangstelling kom sekermaar uit ingebore liefde. Ek was van kleins af meer geinterresseerd in motors eerder as om met n bal op die erf rond te hardloop! Ek wou altyd, en tot vandag toe nog, net n karretjie he vir my verjaarsdag of Kersfees, dan is ek gelukkig!
Hoe en waar het jou belangstellings in sing/musiek vandaan gekom? My belangstelling in musiek is my ander ingebore liefde. Ek verduidelik dit altyd so: Ek is gebou vir hierdie werk so dis nie n geval van belangstelling nie. n 4x4 kan mos nie NIE belangstel daarin om in die bos te gaan rondry nie, dis dan wat hy doen, hy is gemaak daarvoor!
Kan jy nog onthou wat was jou heel eerste CD/plaat wat jy gekoop het? Die eerste CD wat ek gekoop het was Bon Jovi se Keep the Faith. Ek het dit gekoop vir Bed of Roses maar toe ek die res van die album luister was ek onmiddelik n groot aanhanger!
Wat is jou gunsteling musiek om na op die oomblik te luister?
Op hierdie stadium is my gunsteling musiek maar Hard Rock, Opera Rock, en Opera
Enige projekte in die pyplyn? Projekte in die pyplyn is om te begin skryf aan my volgende album, sowel as aan my gospel album en om borge te kry vir my volgende "live" dvd. Ek is veral baie opgewonde oor die dvd omdat dit die beste vertoning wat Suid-Afrika nog ooit gesien het, gaan wees! Die vorige "live" dvd was n massiewe sukses en ek het lank gevat om die konsep en die verloop van die volgende een te skryf, omdat dit die vorige een uit die water moet blaas!
Kyk jy nog Days of our Lives? Of wat is jou nou jou gunsteling kykgenot? Nee ek kyk lankal nie meer Days nie, my gusteling kyk genot is deesdae die komedies soos Modern Family, The Middle, en Cougar Town.
Wat maak jou sommer die josie in? Ongeskikte mense, onregverdige optrede, en as mense die Here se naam misbruik
En wat maak jou lekker uit jou maag lag? 'n Mens kan lekker lag vir katte se mannewales wanneer hulle speels raak
Gaan jy toer met jou nuwe CD? Ek toer aaneen tussen albums. Die toerdery hou nooit op nie!
Hoe en waar kan mense van dit uitvind? Enige navrae oor my optredes kan by www.platinumpromosies.co.za gedoen word. Dit is ook my ENIGSTE agentskap. Vir enige besprekings kontak Carmen by 083 325 7922.

Comments