EKSKLUSIEF! Lianie May maak haar hart oop


Lianie May (Credit: Mozi)

Die oulike blondekop sanger Lianie May vertel vir The Beat oor haar en Jay se nuwe witwarm CD, Bonnie & Clyde, en ook haar nuwe musiek opnames waarmee sy besig is.
Hoekom dink julle is mense so aangetrokke tot julle duet liedjies? Eerlik, ek weet nie, seker oor ons oor die liefde sing, van Toe stop my hart, tot Lank lewe die liefde, Bonnie & Clyde, danksy mooi liedjies wat geskryf word deur Johan Vorster, dink ek mense kan hul vereenselwig met ons liedjies...
Hoe en waar het julle begin saamsing? Eintlik het ons al in 2007 ons eerste duet liedjie Head over Heels opgeneem op Eden se album Kniee Lam, en toe neem ons Toe stop myhart op en die mense (ondersteuners) het begin luister en begin saam sing.
Wat is dit omtrent jou duet-sangmaat wat die hele opnames so spesiaal maak? Behalwe dat Jay `n baie mooi stem het, die warm tone in sy stem, wat hom uniek maak, en ons stemme wat so goed pas, moet ek se die mens wat hy is tel vir my so baie, hy is `n mense mens nes ek, en boonop `n  talentvolle kunstenaar!
Wat weet aanhangers nie van jou duet-sangmaat nie? Dat hy omtrent enige iets kan sing, regtig, dit verbaas my baie keer (behind the scenes soos hul se – as ons almal langs `n vuurtjie sit en sing, hy kan selfs Bon Jovi gewees het)
Wat is die grootste kompliment wat julle al as 'n duet-sangpaar gekry het? Die mooiste woorde is altyd: JULLE IS MY GUNSTELING DUET PAAR!!! Dit beteken die wereld, dit beteken ons doen iets reg, ons gee ons aanhangers wat hul graag wil he, liedjies vir die siel en hart! Selfs as ons `n prys of twee wen, dit beteken so so baie, ons mense stem vir ons.
En aardigste/unieke reaksie van 'n aanhanger? Dit verbaas my nou nog, as ek `n aanhanger kry, wat so bly is om ons te sien, die op en af springery, hy of sy bewe kry nie `n woord uit nie, of die kindertjies wat vir my Soen my nie meer of Pleister vir my hart sing by die optredes.
Verduidelik die titel van julle nuwe CD? Bonnie & Clyde (ons duet album) – die liedjie gaan nie oor, ons beroof banke en skiet mense nie, nee regtig, dit gaan oor `n getroude paartjie wat nou kinders het, dis maar `n dol lewe en hul mis hul jonkwees en verlief wees, die liedjie is vir een en elkeen wat maar net weer so wil voel toe hul jonk was.
Hoe lank het julle aan die CD opgeneem?  Seker oor `n tydperk van 6 maande, ek het in Desember begin opneem (ek onthou dit goed) en die opnames klaar gemaak met As jy sing so teen Mei maand...ons het maar opgeneem soos ons kans gekry het in die week.
Saam met wie sal jy nog 'n duet wil opneem? Nee wat, ek is gelukkig om die duette saam met Jay te kan sing, dit werk, ons liedjies werk en gee `n magic, ek glo nie mens moet verander aan iets as dit werk nie, ek is gelukkig met my sangmaat,..(ons naam en van rym nie verniet nie....grap net)
Gaan julle toer met die CD? Ja ons beplan `n landswye toer maar met groot venues, moontlik `n orkes, beligting, groot verhoog, choreografie, ons wil die ondervinding die moeite werd maak vir ons aanhangers.
Watter ander projekte is daar waaraan jy op die oomblik werk? Ek werk tans aan `n kinderalbum met liedjies oor skool, maatjies, Bybel liedjies ens...wat opvoedkundig is, wat volgende jaar vroeg met DVD vrygestel word...
Indien jy nie optree en opneem nie, hoe onstpan jy? Ek oefen of gaan stap of ry fiets...en ek kyk my gunsteling programme op TV!

Comments