Hosh! Met Nasionale
Braaidag om die draai, het The Beat
by kief-rapper Jack Parow gaan
brannas en coke drink en so 'n bietjie gesels oor sy nuwe Parow-braaisous en
watter ander verrassings die 'Arow van Parow' alles nog onder sy kep wegsteek
vir die res jaar, soos 'n speelgoed-reeks! En ja, hy gee raad wat die beste
stukkie vleis is om te braai en die noodsaaklihede vir 'n lekker braai!
Jack Parow met sy Parow-braaisous (Credit: Manfred Werner) |
Waar kom die idée van
‘n braaisous vandaan? Braai is ma nog altyd my lewe, die besluit om 'n
braaisous te maak het baie maklik gekom...meer oor die rede dat ek nou elke dag
kan braai as enige iets anders!
Wat maak jou
braaisous uniek? Dit lat enige iets amazing proe,van chops tot toast. ons
het ook baie tyd ingesit in die label en bottel en dis baie uniek,my
handtekening is selfs embossed op die bottel, ma ja,op die ou end maak niks saak as dit nie
amazing proe nie,en glo my,dit doen...hy loop soos stroop. Ek het reg oor die
wereld gereis en oral gesoek vir die perfekte braaisous. Vanaf die voorheuwels
van Tibet tot die Karoo se vlaktes, van die strate van New York tot die
agterstrate van Goodwood. Ek het toe uiteindelik die beste kombinasie vir die
gevaarlikste braaisous bekend aan die mensdom gevind. Die Parow-braaisous is so
gevaarlik dat ek dit met melk vervang het. So ek gooi dit in my koffie en eet
dit saam met my Coco Pops.
Hoe betrokke was jy
by die ontwikkeling van die braaisous tot en met produksie? Verskriklik,ek
sit nie my naam op iets wat ek nie van hou of self gebruik nie,so dit was vir
my baie belangrik om deel te wees van al die aspekte van die ontwikkeling.
Vertel bietjie vir
lesers saam met wat hulle alles jou braaisous kan geniet? Jis,basically
enige iets,enige braaivleis,braaibroodjies,lambsboud,spaghetti bolognaise,die
lys gaan aan,ons het dit selfs al in bloody mary's gebruik!
Watter stukkie vleis
hou jy van om te braai? My favourite is 'n rump steak,mens kan nooit
verkeerd gaan daarmee nie.
As ‘n mens braai, wat
is die belangrikste goed wat hulle moet onthou? Brannewyn en coke...en Parow-sous!
Braai tip? Maak
seker daar is 'n flam op die hout; En daar is brannas by die Coke; Vul jou glas
op met ys; En drop Parow Braaisous op jou vleis.
Jy klink lekker besig
deesdae, hoe is dit om pa te wees? Amazing,hele nuwe experience en nuwe
challenge,regtig baie gelukkig!
En jou musiek, wat is
volgende vir Jack Parow? Ek werk nou an n special edition vir die einde van
die jaar wat n comic boek en n paar nuwe liedjies op het ens. Dan werk ons ook
an 'n DVD wat gevaarlik gan wees. Kyk uit!
Enige ander projekte
waaraan jy werk? Werk op die oomblik ook aan lang hoedens en 'n toy
range,so hou julle ore oppie spore. Kief kief!
WEN! The Beat en Jack Parow gee 3 lesers die kans om 'n bottel van sy Parow-braaisous te wen. EPOS net jou naam, van, adres en kontakbesonderhede met PAROW-SOUS in die opskrif na THE BEAT. Sluitingsdatum is Vrydag 24 Augustus 2012.
zeg die Jack Parow braadsaus moet ook in nederland op de markt komen, bij Jumbo supermarkt bijv.
ReplyDelete