Straatligkinders - Voete Van Klei

Straatligkinders
Plaaslike rockers Straatligkinders het hul nuwe musiekvideo, Voete Van Klei, uitgereik. Dit kort op die hakke van hulle vorige vuurwarm snit, Duiwel Dans. Na vier jaar van onophoudelike toere regoor Suid-Afrika, het die groep in 2010 besluit om vir eers ʻn breek te neem sodat die lede ander musiek kanale kon gaan verken. Nou is hulle terug met ʻn vars nuwe klank en objektiewe benadering met betrekking tot hulle musiek. “Ons love wat ons doen as Straatligkinders en ons het nog baie in ons en nog baie om aan ons aanhangers te sê.” Elkeen in die groep het hul eie unieke skryfstyl ontdek, en is meer gefokus om hul liedjies te vervolmaak eerder as om dit net te skryf en op te neem. “Ons klink meer soos ʻn eenheid nou. Ons het ʻn klank gevind waaroor ons almal gelukkig en opgewonde is. Die rigting waarheen ons nou beweeg, voel natuurlik en ons probeer nie liedjies skryf om ander mense gelukkig te hou nie. Ons maak nou die musiek wat ons wil maak.”

Comments