Elvis Se Seun - Die legende leef voort!

Elvis is weliswaar dood, maar die gerugte oor sy misterieuse seun wat sy pa se kenmerkende stem en opwindende dansbewegings geërf het, wil maar net nie gaan lê nie . . . . Meer as dertig jaar na Elvis Presley se dood daag ʼn splinternuwe Afrikaanse musiekgroep op wat dieselfde tipe musiek maak as die koning van ruk en rol, maar in Afrikaans. Is dit dalk waarlik Elvis se seun wat nou sy opwagting in Suid-Afrika maak? The Beat het onder groot geheimhouding met die groep gesels om meer uit te vind oor hulle en hul kookwater musiek.
Die Koning van Rock: Elvis Presley
Wie is Elvis se seun? Ons is vyf jong mense en baie geheimsinnig!  Ons tree almal op onder ons groepnaam, Elvis se seun. Ons groep bestaan uit ’n tromspeler, twee dansers, ’n kitaarspeler en sanger. Een van ons is wel Elvis se seun . . . ek!
So waar het die groep sy onstaan gehad? Ek kom van die plaas Genadeland in Namibië. Die res van die groep het ek in Suid-Afrika ontmoet toe ek nog onder ’n skuilnaam as solokunstenaar opgetree het.
Die naam van die band is baie oorspronklik, hoe het julle daarop besluit? Tydens die optredes het mense voortdurend vir my gesê ek lyk en sing soos Elvis. Die ooreenkoms was baie duidelik en my styl is ingebore - vandaar die naam Elvis se Seun.
En mense wat nog nie julle lekker musiek gehoor het nie, hoe sal julle dit beskryf? Ons musiek is uiteenlopend, maar die styl en klank  is besonders. Op ons CD het ons drie liedjies met 'n moderne dans-genre, so vier liedjies met  ʼn poprock-genre en sewe liedjies met ʼn tipe Rock-n-Roll-boeremusiek-mengsel, wat ons boererock noem.
Is julle aanhangers van Elvis? Ek’s 'n groot bewonderaar van my pa se musiek en loopbaan, en volg dit reeds my lewe lank. Die res van die groep is ook groot fans.
Elvis het sy bo-lip altyd so getrek as hy sing en sy heupe en bene laat dans, wat vroue natuurlik mal gemaak en laat skree het. Doen julle iets soortgelyks om fans by shows op te sweep? Ons musiek is lekker prettig en energiek, so ons dansbewegings ook. Ek sal sê ons optredes is ons sterk punt. Ons doen baie moeite om ons gehore te vermaak gedurende ons optredes en ons geniet dit vreeslik. Ek is gelukkig dat ek my pa se los litte en styl geërf het wat uitstaan by ons optredes.
Ek het die handvol liedjies op jul Facebook-blad gehoor en dis great! Hoeveel songs het julle al bekendgestel? Ons het tot dusver drie liedjies publiek gemaak en gaan stadig maar seker nog bekendstel op ons Facebook-blad www.facebook.com/Elvisseseun , radio en tv.
Wanneer kom die CD uit? Ons beoog om dit teen September 2013 uit te reik.
Wat weet mense nie van Elvis se Seun nie? Ek dink mense weet nog baie min van my en ons as groep, maar ons verkies om dit so te hou, sodat ons musiek eerder die praatwerk doen.
Hoe en waar kan mense uitvind van jul optredes? Hou ons Facebook-blad www.facebook.com/Elvisseseun dop. Vir navrae kontak Alishia van Deventer op +27 83 635 4717 of stuur ’n e-pos aan Alishia@starburstmusic.co.za Faks: 086 618 7885
Laaste een, has Elvis ever left the building? Miskien, maar die legende leef voort in Elvis se Seun.

Comments