Jack Parow is vol planne vir die 2de helfte van 2013

2013 gaan ‘n opwindende jaar vir Afrikaanse-rapper Jack Parow wees. Die man is vol planne en daar wag ‘n hoop verrassings op aanhangers. The Beat het saam met hom ‘n brannas en coke gaan drink om agter die kap van die byl te kom.
Jack Parow
Ons hoor baie gerugte oor nuwe Jack Parow goed, vertel ons meer? Ek’s maar altyd besig met versikklende goed, soos die promosie van die Jack Parow Braaisous, die Eksie Ou Special edition en dan werk ons ook ‘n chili braaisous.
Genoeg van die souse, wat van die musiek? Ha ha ha! Daar kom ‘n dubbel CD’s uit vanjaar. ‘n Akoestiese CD wat later vanjaar hard gaan bons en en ‘n harder CD ook.
Jack Parow, akoesties? Jis jis, dis hoe dit klop. Dit is egter ‘anders’.  Back in the day het grunge rockers Nirvana ‘n Unplugged CD uitgebring en van toe af klink elke akoestiese CD dieselfde, so ons maak ‘n akoestiese album wat glad nie soos dit klink nie. Dit gaan ‘n vibe hê wat nie gewoonlike met akoestie kom nie.
Verduidelik? Daar gaan nuwe weergawes van ou liedjies wees soos Dans Dans Dans en Hard Partytjie Hou en dan ook ‘n paar nuwes soos Befok Verby en Die Duiwel En Die Kruispad. Ons gebruik ook ‘n klomp mal intstrumente soos sitars en sae!
Jy is mos deesdae ‘n pappie, enige liedjies op een van die twee nuwe CD’s wat dalk aan jou baba Ruby Tyler opgedra is? Ek like om my musiek ‘n surprise te hou, so wag maar en sien. Ek wil nie veel weggee nie voor dit op die rake is nie, maar ja, dalk mag daar iets weet…
Enige ander projekte vir 2013? Baie musiek en dan is daar ook ‘n fliek met die naam Babalas, saam met Ian Roberts, Normal Anstey en Tammy Ann. Ja, ek is ‘heavy’ excited om die fliek te sien.
Hoe drink jy deesdae jou brannas? Steeds vier vingers sterk.

Comments