Flambojante klawerkoning Rocco De Villiers neem luisteraars op ‘n country-verkenningstog op sy nuutste CD, Countrykeys. “Die musiek is eerlik en probeer nie te hard om 'n statement te maak, slim te wees of om 'n boodskap oor te dra nie. Dis unassuming, met die klem op die melodie en vermaak – daarom is dit 'n statement!” vertel Rocco. Met sy unieke styl en klank, word country-gunstelinge soos ‘Crazy’, ‘Some Broken Hearts Never Mend’ en ‘Country Roads’ na nuwe hoogtes gevoer. Hierbenewens spog Countrykeys ook met ’n paar oorspronklike Rocco-komposisies. ‘Jozi, Ma Sweetie’ is ’n ode aan sy tuisdorp, Johannesburg en met ‘Unieke Bekoring’ en ‘Coming Home’, vier Rocco sy liefde vir die Vrystaatse landskap. “Wanneer ek terugdink aan iets of iets sien wat my aangryp, inspireer, of wat my sommer net lekker laat lag, wil ek dit graag in musiek vasvang.” Volgens hom moet mens darem nie alles in die lewe té ernstig opneem nie en daarom het sy vertonings en musiek soms ook ‘n lekker skeut humor. Met ‘Roccobilly’ – nog ’n Rocco-komposisie op die CD – steek hy as voorbeeld die draak met sy eie herkoms en met die hillbilly-kultuur. Volgens hom is daar ook ’n paar onverwagse snitte op Countrykeys – snitte wat mens nie noodwendig met country sou assosieer nie. “Ek speel weergawes van ‘Hoe Groot is U’, ‘How Could an Angel Break my Heart’, ‘Every Time You Touch Me’ en ‘When I Fall in Love’ – natuurlik elk met ’n goeie skeut country.” Vir Rocco is dit moeilik om een snit as gunsteling uit te sonder. “Elke snit het vir my spesiale betekenis, maar as ek iets moet uitsonder sal dit seker ‘Jim Muller Keurspel nr 1’ wees. Dis ‘n keurspel met ‘n lekker heilsame mengsel van 1920’s klaviermusiek, country en boeremusiek.”

Comments
Post a Comment