Various Artists - Grootste Afrikaanse Liedjie

Nuwe “Kinders van die Wind” en talle ander ou en nuwe treffers nou op een CD-versameling ʼn Splinternuwe verwerking van Koos du Plessis se immergroen treffer, “Kinders van die Wind”, is maar een van die liedjies wat Afrikaanse musiekliefhebbers te wagte kan wees op die dubbel-CD Die Grootste Afrikaanse Liedjie wat op 31 Maart vrygestel word. Dié CD, wat deur Universal Music vervaardig word, bevat 27 van die liedjies wat deur die Afrikaanse publiek aangewys is as hul gunstelinge in Maroela Media se veldtog Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye. Dié veldtog, waartydens meer as 60 000 stemme uitgebring is, het ten doel gehad om die een liedjie wat alle Afrikaanssprekendes se hartsnare roer, te vind. Van die ander liedjies wat luisteraars se hartsnare sal roer, is “Heimwee” (Mimi Coertse), “Blouberg se strand” (Laurika Rauch), “Ou ryperd” (Chris Blignaut), “Trein na Pretoria” (Die Briels), “Sproetjies” (Sias Reynecke), “De la Rey” (Bok van Blerk), “Pampoen” (Steve Hofmeyr), “Die Lappop” (Doris Brasch), “Karoonag” (Coenie de Villiers), “Al lê die berge nog so blou” (Johannes Kerkorrel) en “Liefling” (Gé Korsten).

Comments