Steve Hofmeyr - The Country Collection If You Could Read My Mind

Dit is Steve Hofmeyr se sewe-en-twintigste album uitreiking en daar is geen teken van stoom verloor ten opsigte van sy kreatiwiteit, liedjieskryf, toer, film bedrywighede en sterk sosiale kommentaar op vele forums nie. Maar nou, met die uitreiking van IF YOU COULD READ MY MIND laat hy die swaar temas vir ‘n wyle agter en bring hy ‘n bietjie country verligting na sy aanhangers. IF YOU COULD READ MY MIND is opgeneem en vervaardig deur die bekroonde vervaardiger, Jaun “Floors” Oosthuizen, wie ook ‘n Ghoema toekenning vir Beste Vervaardiger, in 2015 ontvang het. Die album bestaan uit 15 van die mooiste country liedjies tot nog toe en bevat een van die mooiste en roerendste verwerkings van die liedjie Teach Your Children wat Steve saam met die Coleske broers Ewald en Arnold opgeneem het. Ander immergroen treffers waarna aanhangers kan uitsien is Heartache Tonight, The Gambler, Have you ever seen the rain, Oh Sherrie, Games people play, Photograph, Hey Mr. Dream-Maker, If I said you had a beautiful body If you could read my mind, Drift away, Gypsy Woman, To make you feel my love, Rhinestone cowboy en Cry to me.

Comments