Kaptein Jack Parow!

Rapper Jack Parow is hard aan die werk aan sy nuwe CD. The Beat het met hom gesels oor brannas, die nuwe Pirates of the Caribbean: On Stranger Tides-fliek en sy nuwe blyplek.

Hoe sterk drink jy jou brannas en coke? 1 vinger, 2 vingers, 3 vingers, met baie ys en coke net vir kleur?
Yes ja, drie vingers my bra, all the way, met n coke en ys net sodat ek biekie water ook kan in kry. 'n Branna sonder ys is drinkbaar, ma net nie dieselfde nie.
Watter tipe brannas drink jy ?
Enige brannas...ek like van n ricky louw obviously, ma ja, klippies, wellies of n berg loep net so lekke!
Ons het op skool altyd papsak (vaaljapie-wyn) met kits Coolaid-koeldrank gemeng as ons dit gedrink het, net om die smaak effte te verbeter. Het jy ook sulke goed aangevang? Vertel ons bietjie?
Off course yes...ons het gin met pynappel verjaarsdagmcoeldrank gedrink...ma meeste van die tyd crackling, lekke late harvest wit wyn vir R10 n bottel...jy weet mos, kak sleg, ma kak lekke!
Het jy al begin werk aan jou nuwe CD?
Yes,hy gan rol my bra so kyk uit, fkn gevaarlik.
Enige kans om ons te vertel wanneer jy beoog om dit uit te reik en hoe die CD gaan verskil/ooreenstem met jou vorige weghol-treffer CD?
Yes ja,augustus/september se kant...ma dis dik secret...want dis nextlevel en shit...so hou hom undercover...juanita en nicholas en daai armand dude probeer heeltyd my vibe steel
Enige verrassings op die CD waarna mense kan uitkyk?
Ja
Ek sien jou naamgenood, Jack Sparrow, se nuwe  “movie” Pirates of the Caribbean: On Stranger Tides word binnekort uitgereik? Gaan jy dit kyk?
Yes ja,ek like mos van n pirate, hoor daai ander sexy goose is nie meer daar in nie en ook nie daai elf dude van lord of the rings nie, ma ja, hulle is anyway boring,hulle drink te min rum
As jy ‘n seerower was soos Jack Sparrow en ‘n fliek kon maak met jou in die hoofrol, wat sou jy die titel gegee het en kortliks waaroor sou dit gegaan het?
Pirates van die caravan park: in dangerous rides...basically presies soos pirates of the caribbean ma dat dit afspeel op skeepe, speel dit af in escorts en sierra's
Suid-Afrika het onlangs Moedersdag gevier, wat het jy vir jou ma gegee?
Chocklits en so gamboy vibe...my ma like van games...en chocklits
Waar bly jy op die oomblik? Nog by jou ma of het jy al jou eie plek gekry?
Ek het finally my eie plek...innie tampon towers innie kaap...ek love dit...dis soos om by n atkv vakansie oord te bly...daar n swembad en squash courts en tennis baan en allerhand lekke dinge en die vibe is dik 70's
Wie is jou gunsteling Afrikaanse musiekster?
Juanita du Plessis
Roxette is op die oomblik in die land. Is jy ‘n fan van hulle musiek? Enige CD’s van hulle?
Nee, kind of, ek het al daai lay a whisper on my pillow een so paar keur gevluit en joyride
Daar is nou ‘n hele rits bekende groepe/musieksterre wat in SA kom toer die volgende paar maande. Enige een wat jy sal graag wil sien?
Ek weetie wie kom nie,sorry
Laastens, ‘n boodskap vir jou fans?
Dankie dat julle so heavy nextlevel kief is en altyd vir my opstaan as al die losers my kak tune. Like julle soos n vetkind van koek like

Comments