Friday, 5 August 2011

CD-RESENSIE: Jomari - My Droom Te Leef (EMI)

Dink Hannah Montana, maar in Afrikaans. Dit is sekerlik die maklikste en vinnigste manier om Jomari se CD, My Droom Te Leef, te beskryf. “Hierdie album is absoluut my babatjie en dit is my sleutel om deure te gaan oopmaak. Ek is baie trots daarop.”  Die album is deur Werner Beukes, een van ons land se top vervaardigers, behartig – met splinternuwe liedjies uit die pen van: Werner Beukes, Vaughan Gardiner, Anton Botha, Etienne Steyn, Johan Vorster, Jomari en Pete en Charlie van Londen: dieselfde skrywers wat vir Mel C van Spice Girls en vir die Parlatones geskryf het. Danksy lewende orkestrasie en byderwetse verwerkings spog die album met ‘n energiek-jeugdige tienerrockklank. “Ek en my maats het as kinders altyd konsert-konsert gespeel, ons ‘opgedress’ en dan voor die ouers gaan staan en sing. As klein dogtertjie kon ek nooit vinnig aan die slaap raak nie en het my ouers besluit om my op die sitkamerbank te gaan neerlĂȘ met oorfone op die ore en musiek aangesit. (Audrey Landers se Manuel Goodbye) is gespeel... en dit was nie lank nie... dan is Jomari vas aan die slaap!) Later het ek aan die etenstafel begin maak of ek klavier speel en daar het my ma-hulle besluit ek moet klavierles neem. Sing het ek gesing: heeldag en aldag, al kon ‘n mens nie uitmaak wat ek sĂȘ nie... Dit het my geslyp my tot wie ek vandag is.” Gee dit gerus 'n luister, jy sal prettig verbaas wees.

No comments:

Post a Comment