Die Heuwels IS Fantasties

Die ouens van die alternatiewe Afrikaanse rock-groep Die Heuwels Fantasties is 'n besige klomp. Hulle het die afgelope naweek 'n konsert in die Botaniese Tuine in Pretoria gehad en nog 'n paar optredes wag vir hulle. Tussendeur het die manne kans gehad om met The Beat te gesels oor tuine, Jack Parow se nuwe CD en Vrouedag, wat op 9 Augustus gevier word.

Julle het die afgelope naweek by die "Pretoria National Botanical Gardens". Hoe het julle DHF se musiek aangepas om in te pas by die omgewing? Ons gaan so paar liedjies akoesties speel aan die begin, die pace 'n bietjie optel en dan gaan ons rock! Johnny speel saam met ons, so dit gaan lekker wees. Heuwels se musiek is lekker luister en saam dans musiek ek dink almal kan dit geniet in enige formaat :)

Ek lees in die "press release" dat Hunter vertel dat DHF mal is oor botaniese-tuine. Hoe so? Dis 'n goeie plek om in te gaan dink en weg te kom van die gedruis.

Hoekom sou julle DHF beskryf as "kinders van die natuur?" Daar's 'n Strokes quote wat presies verduidelik hoe ons voel - "I'm stuck in the city, but I belong in a field." Ons gebruik elke verskoning en kans wat ons het om uit die stad uit te kom. Die groep se algehele gemoedstoestand lig drasties as ons 'n uitsig het oor natuurskoon.

Hoe voel julle oor die goeie resensies wat Wilder as die Wildtuin gekry het?
Haha! Dit voel ongelooflik! Dis die beste gevoel as iemand hou van wat mens gedoen het. Dis ook natuurlik gerustellend om te weet dat die 2 jaar wat ons gevat het om dit te maak was nie verniet nie. 

Hoekom verskil dit so redelik baie van julle debuut album? Daar was 'n 2 jaar periode tussen die 2 albums. In daai tyd verander mens se smaak natuurlik baie. Ons het 2 members by gekry, Philip en Fred. Fred het verskriklik baie bygedra tot die proses. Sonder hom sou die album definitief nie gewees het soos wat hy is nie EN hierdie keer het ons actually al die instrumente gespeel!

Hoe het julle aan Phillip Erasmus gekom om vir julle tromme te speel?
Supra (Pierre en my label) het vir Thieve (Philip en Fred se ander band) gesign. Toe begin Fred aanvanklik vir ons dromme speel met Johnny op die guitar, toe wil Johnny nie meer live speel nie, toe begin Fred guitar te speel en toe vra ons vir Philip om tromme te speel.

Hunter, is jy/julle enigsins betrokke by Jack Parow se opnames van sy nuwe CD? Enige idee wanneer dit uit gaan wees? Parow gaab sy CD self uitsit en nie deur Supra Familias nie, maar ons gan nogsteeds betrokke wees in 'n producer tipe rol. Dit klink asof hy meer 'n Kramer aanslag gan vat. Eg-Afrikaanse melodiee en instrumente in die kore ens. Hier en daar vat hy 'n paar mense aan. Hy't natuurlik deur baie veranderinge gegaan die afgelope jaar en het baie om te se, maar gelukkig rap hy nogsteeds oor brannewyn, braai en rugby.

Vrouedag is om die draai, wie, vir julle, is 'n goeie voorbeeld van 'n ikoniese/sterk vrou? Helen Zille is 'n persoonlike held van my. Sy's 'n sterk vrou. Sy't seker die moeilikste werk in die land gehad die afgelope tyd en die bul by die horings gepak in die gesig van massiewe opposisie. Mense noem haar 'n hoer en 'n satanistiese kokkerot en sy het net nie haar standaarde laat vaar of daal vir een oomblik nie. Ons almal se ma's is natuurlik ongelooflike vrouens om met ons strond op te gesit het vir so lank :) 

Wat is die planne vir die res van die jaar? Toer, toer, toer! Ons speel skouspel later die jaar waarna ons baie uitsien. Ons wil akoestiese rendisies van ons liedjies opneem en vrystel en dan nog toer!

En met Desember voor ons, enige optredes? Sover is ons maar hier teen die kus op. Desember is altyd mal. Ek's seker ons sal oral speel.

Comments