NUUT! ADAM - Somerlag (Die Coca-Cola Song)

ADAM (Storm Rekordz)
Die manne van Adam se nuwe musiekvideo, Somerlag (Die Coca-Cola Song), is Maandag 21 November uitgereik. Die ouens vertel dat hulle keuse vir die tweede musiekvideo 'n maklike een was. "Dit is somer. Almal is moeg gewerk en sien uit om te gaan vakansie hou by die see. Heel toevallig het ons 'n liedjie in ons arsenaal wat presies op hierdie Desember-vakansie van toepassing is. Ons sou graag die video by die see wou opneem, maar ongelukkig, weens tydsberekening en die onvoorspelbaarheid van die weerk, het ons toe eerder besluit om die vakansie gevoel in die ateljee uit te bring." Die video sal die innerlike vakansiekind in jou uitbring!

Comments