CD-RESENSIE! VanFokKingTasties - Akoesties

Die Heuwels Fantasties, aKing, Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar is van die top-  Afrikaanse rockgroepe wat aanhangers vergas op 'n musiekavontuur soos min met dié Akoestiese CD. Oukei, oukei, 'akoesties' moet hier spaarsaam gebruik word, want ’n mens het steeds die melodieuse rockklank wat alles saamsnoer en die gebruik van akoestiese kitaar, maar die CD het steeds 'n wip vir die aanhangers wat van musiek met gevoel en wip hou. Vir die CD het die groepe elk twee van hul bestaande treffers vir die album verwerk en ’n nuwe een spesifiek daarvoor geskep, met die akoestiese kitaar wat 'n sentrale rol speel. Die CD is regtig VANFOKKINGTASTIES! en as jy ’n ernstige musiekliefhebber is, móét jy eenvoudig hierna luister.

Comments