CD REVIEW: Die Heuwels Fantasties – Wilder As Die Wildtuin

Jissie maar hierdie CD is kookwater! Die ouens se tweede studio album is gepak met kragtige liedjies wat oorloop van sterk elektroniese- en verslaafde ritmes. Die album is meer volwasse as sy voorganger, maar die groep het weereens daarin geslaag om goeie kwaliteit Afrikaanse rock te produseer wat hul bewonderaars nie gaan teleurstel nie. Kyk uit vir Wonder Bo Wonder, wat saam met Coenie De Villiers gemaak was. Puik album van ‘n fantastiese groep!

Comments