CD REVIEW: Holiday Murray - Holiday Murray

James Tuft, Justin Davenport, Christopher Carter en Ellis Silverman gee vir aanhanger van indie-folk-musiek iets wat 'n mens oor en oor kan luister. Die selfgetitelde debuut-CD bestaan uit rustige musiek, hoewel 'n mens gehoop het daar is een snit wat die songenaamde "stand out track" sou wees. Een ding staan soos 'n paal bo water - diƩ ouens se musiek laat jou ontspan. Dit is perfek om in jou kar te luister as jy een op van daardie laaaang "roadtrips" na die middel van iewers is waar die pad lang en uitgestrek kronkel oor berge en dale. Een ding wat The Beat opgeval is het is dat die lirieke meestal gaan oor die natuur.Oulik! Die ouens maak mooi musiek, maar ongelukkig sal dit net vir 'n uitgesoeke musiekliefhebbers opgewonde maak. Indien jy wel jou musiek-horisonne wil verbreed, gee dit gerus 'n luister.

Comments