Izak se nuwe rol


Izak in Survivor SA Santa Carolina
Die sexy hartebreker Izak Davel gaan later vanjaar sepia-kykers se voete onder hulle uitslaan met sy rol as Delarey van Jaarsveld in die kykNET-sepie, Villa Rosa. Die sanger en akteur wil nog nie te veel sĂȘ oor sy nuwe rol nie, maar het onthul dat Delarey ‘n sorglose jong man is wat op ‘n eiland woon en dan by die gastehuis in Villa Rosa opdaag nadat sy ma oorlede is. M-Net kykers sal Izak natuurlik onthou as die sexy Scab in Egoli. “Ek het vir twee-en-‘n half jaar Scab vertolk en as groentjie voor die kameras baie by die regissuers en my mede-akteurs geleer,” vertel Izak.

Comments