Richard se nuwe musiek

Na ses lange jare is die bekende akteur, sanger en liedjieskrywer Richard van der Westhuizen terug met 'n nuwe album, Swerwerspoor. Die CD, die eerste een sedert sy 2005 uitreiking Songs uit my Binnesak, is 15-snitte waar Richard met mense gesels deur sy lirieke oor goed wat hom na aan die hart lê. “Ek wil mense uitnooi om 'n paadjie saam met my te loop, met warmte, maar sonder nyd of woede,” verduidelik hy sy bedoeling met dié nuwe uitreiking wat aansluit by die heel eerste lied op die CD, Warm hier by my. “Ek preek nie, maar ek noem tog sekere feite: suurwater wat uit die myne borrel, geld wat in die regeringsgatsakke verdwyn, makelaars wat sukkel met geldsug en plaasmoorde. Swerwerspoor is 'n gestroopte, akoestiese album met uiteenlopende musikale invloede – van country en boeremusiek tot die kabaret. Die meeste van die liedjies se woorde en musiek is uit Van der Westhuizen se pen, behalwe twee wat hy saam met Natie Botes van Bloemfontein geskryf het en Die klaaglied van Jeremia Broodryk wat hy saam met André Swiegers geskep het.

Comments