Snotkop se hartseer en pyn

Ons gebede gaan aan Francois Henning (Snotkop) en sy familie wat onlangs moes afskeid neem van sy pa Jan Henning, wat aan kanker oorlede is. Volgens sy nuwe platemaaskappy, Select Musiek, is sy pa so drie weke glede oorlede.
In 'n onlangse storie op Nuus24, wat in Huisgenoot verskyn het, vertel Francois hoe hy moes toekyk hoe die siekte sy 64-jarige pa, wat die steunpilaar in sy lewe is, by die dag aftakel. “Dit was 'n ongelooflike skok. Ek was kwaad,” het Snotkop aan Huisgenoot gesê oor die dag toe sy pa hom vertel het die dokter sê statisties het hy nog net sowat ’n jaar om te leef. Maar mettertyd het die sanger besef dit moet eerder vir die Henning-gesin ’n aansporing wees om elke dag voluit te leef en dankbaar te wees vir hul wonderlike gesin. Met sy loopbaan is dit vir hom moeilik om meer by sy pa te kuier noudat hulle die dae wat hulle nog saam het, so moet koester. Snotkop het met sy pa se eerste chemoterapie-sessie daarop aangedring om self sy pa hospitaal toe te neem en die heeltyd langs hom te sit. Vir sy pa het dit ongelooflik baie beteken, want hy weet hoe bang sy jongste vir hospitale is. Maar vir die sanger was dit die minste wat hy kon opoffer ná alles wat sy pa deur die jare vir hom geleer en beteken het. Ons dink aan jou Francois! Alle sterkte.

Comments