CD-RESENSIE: Snotkop - Ek Laaik Van Jol (Select Musiek)

Snotkop (gebore Francois Henning) is bekend vir op-en-wakker paartie-musiek en op sy nuuste uitreiking, Ek Laai van Jol,  maak hy weereens so. Die CD is regtig een moewiese JOL! Hier is 15 kraakvars-treffers wat jou voete gou sal laat jeuk op die dansbaan. Uitstaan treffers sluit in Party Heelnag, lipgloss Lippe, Asemrowend en Tyd om Te Lewe. Ons gunsteling lis Dis 'n Land wat 'n koorgedeelte bevat van Carike Keuzenkam se bekende liedjie. Dis 'n Land. Aanhangers van Snotkop sal glad nie teleurgesteld wees nie! Maak seker jy kry dié CD nou! Well done Francois Henning!

Comments