CD REVIEW: André Schwartz - 12 Plus 1 (Big Band Classics)

Die gewilde sanger André Schwartz, wat gehore destyds in esktase gehad het met sy uitmuntende vertolking in die titelrol in die musiekblyspel The Phantom of the Opera, het pas 'n nuwe album met klassieke swing- en Big Band-treffers opgeneem, en die die nuwe CD beloof om die net wyer te gooi en nog veel meer aanyangers vir die bekroonde sanger in te oes. "Ek is baie opgewonde oor die nuwe CD," sê André. "Daar is baie groot pret om op te neem en dit bou voort op als wat ek tot dusver in my loopbaan gedoen het, veral musiekteater wat nou 'n groot deel van my lewe is. Met die nuwe CD poog ek om iets spesiaals aan musiekaanhangers van verskillende agtergronde te bied." Van die liedjies wat 'n André gevoel kry sluit in Fly Me To The Moon, Paper Moon, Heaven, You're One Hell of a Find en Makin' Whoopee!.

Comments