Tot siens Kurt Darren

Die Prins van Afrikaanse Pop Kurt Darren het na meer as 3 jaar besluit om sy verbintenis met die die musiekversoekprogram Jukobox op kykNET te beëindig. Sedert Jukebox op 6 April 2008 die eerste keer die lig gesien het, het kykers van oor die hele wêreld gewoond geraak aan Kurt op die kleinskerm en aan sy unieke sjarme en persoonlikheid. Kurt en Jukebox het gehore oor die land ook vermaak met die Jukebox en Vriende-buitelugkonserte. Kurt het besluit dat daar ‘n nuwe fase in sy loopbaan is, en dat hy vir eers gaan fokus op musiek, wat steeds die naaste aan sy hart lê.  Hy het ook besluit om meer ekslusief en vernuwend teenoor sy werk te wees.  Hy is ook nog besig om sy film Ek Lief Jou te bemark, en ondersoek verskeie ander projekte. Pieter Koen sal die leisels by Kurt oorneem. Pieter is ‘n ou bekende op kykNET, as veldaanbieder op Kwela, aanbieder van Kwela Funnies, en natuurlik ‘n bekende gesig op Jukebox. Oor sy nuwe uitdaging se Pieter die volgende:  “Ek sien saam met die kykers met groot opgewonderheid uit na my betrokkenheid by Jukebox en wens vir Kurt net die mooiste en beste toe…mag die Jukebox klanke opnuut van die huis tot huis op Sondae weerklink.” Sondag 12 Junie om 20:30 sal Kurt se laaste program van Jukebox wees waar hy die leisels sal oorgee aan Pieter.

Comments