VADERSDAG: Jay & Willem Botha gesels

Jay
Op Sondag 19 Junie vier Suid-Afrika Vadersdag. The Beat het by twee van ons top plaaslike kunstenaars, Jay en Willem Botha, gaan aanklop en met hulle gesels oor Vadersdag en wat hulle planne is vanjaar.

JAY

Wat is die een Vadersdag as kind wat jy nie sommer gou sal vergeet nie? Ek onthou nie Vadersdag as kind nie, maar so paar jaar terug op Vadersdag het ek weer die kans gekry om die eerste keer in baie jare met my Pa te kon gesels en weer 'n hernuwing in ons Pa en seun band te begin. Dit sal ek nooit vergeet nie.

Het jy al enige geskenke self vir jou pa gemaak? Ek en my Pa voel dieselfde oor geskenke...dis beter om mekaar net te kan sien.

Hoe oud is jou seuns nou? Samuel 2 word en Aidan word 5.

Wat beteken Vadersdag vir jou? Die dag herinner my aan hoe gelukkig ek is om twee mooi seuns te he en dat dit 'n groot voorreg en n groot verantwoordelikheid is. Ek mis ook gewoonlik op die dag my Pa baie.

Willem Botha
WILLEM BOTHA

Willem, hoe is Vadersdag in julle huis altyd gevier? Ons was altyd baie rustig op Vadersdag. Omdat my pa so min by die huis was, was die belangrikste dat ons as familie saam kon wees en net n viering van liefde vir mekaar.

Wat gee jy gewoonlik vir jou pa op Vadersdag? My pa is n regte handy man en hou daarvan om iets met sy hande te doen. So enige aparaat waarmee hy kan werk is n treat vir hom.

Wat is die een onvergeetlikse Vadersdag wat jy al saam met jou pa deurgebring het? Ek, my broer en my pa het proffesioneel perde uithourit gery so ons is mal oor perdry. Ons het een jaar met die perde berg toe gery. My ma het met die bakkie agterna gekom. Ons het daar lekker gebraai, geswem en gekuier. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Hoe gaan jy Vadersdag vanjaar vier? Ek is besig met Tree Aan, Die Musical by die Staatsteater en aangesien ek nie Kaap toe kan vlieg nie, gaan my ouers die vertoning kom kyk so ons sal darem as familie saam kan wees.

Wat beteken Vadersdag vir jou as kind van jou pa? Ek het so baie liefde, waardering en respek vir my pa. Ek kyk op na hom en leer elke dag meer en meer by hom. Maar dis ongelooflik om te sien hoe baie waardering, liefde en omgee hy vir my en my broer het. Dis baie spesiaal vir hom om saam met ons as familie te kan wees. Vadersdag is vir my elke dag wat ek saam hom kan wees. Nie net daardie een dag nie.

Wat is jou pa? Theuns Botha, Kaapstad. DA Leier van die Weskaap. Minister van Gesondheid - Weskaap

Comments