Die besige Willem Botha

Plaaslike sanger Willem Botha is deesdae is besige mannetjie. Hy speel nie net net in die suksesvolle Deon Opperman verhoogstuk Tree Aan nie, maar is ook hard aan die werk aan 'n nuwe CD! The Beat het by hom gaan inloer.

Vertel ons van jou karakter in die teaterstuk? My karakter se naam is Andre Viljoen.  Aan die begin is hy jou regte hoofseun tipe wat als reg doen en nooit in die moeilikheid wil kom nie maar aan die einde staan hy sy eie man.  Hy gaan deur baie bad luck in die stuk en staan altyd op vir sy vriende.
Wat was vir jou die moeilikste deel om te bemeester op die verhoog?  TREE AAN was my heel eerste teaterstuk wat ek ooit al gedoen het so als was n uitdaging vir my gewees.  Maar om aand na aand al daardie emosies te herleef en op te bring is noggals erg.
Sing jy in die stuk?  Ja, daar is die mooiste musiek in die stuk.
Ons het gehoor jy moes jou hare afskeer vir jou rol, hoe het dit gevoel toe jy jou lokke sien val?  Ek het laasjaar ook sommer net eendag my hare afgeskeer.  Eks nie baie erg oor my hare nie so dit sal terug groei. hehehe
Is dit jou heel eerste verhoogstuk of was daar ander voor dit?  Die my heel eerste een ooit en ek geniet my gate uit!.
Willem en Altus Theart in Tree Aan
Enige oepse wat jy kan deel met ons wat al op die verhoog gebeur het?  Daar gebeur elke aand iets wat nie veronderstel is om te gebeur of wat ons moet se nie, maar die gehoor sal dit nie agter kom nie.  Dit wil jou laat lag maar jy kan nie.  Gisteraand toe ek my broek op die verhoog aantrek, toe breek al my gulps knope af.  En kon eers pouse dit laat regmaak.  Ek het baie selfbewus en vernederd gevoel.
Ons sien die speelvlak is verleng – baie geluk! – hoe voel dit vir jou met die verlengde speelvlak?  Dit is regtig n baie groot voorreg om deel te wees van so suksesvolle teaterstuk en ek is baie dankbaar dat die mense dit so ondersteun.  Ek is baie trots om deel te kan wees saam n ongelooflike span en akteurs by TREE AAN.
Hoe vorder jou musiek?  Mens is elke keer baie opgewonde om aan n nuwe album te werk.  Maar die een is anders.  Ek het nou al baie meer ondervinding en kennis.  Ons is hard aan die werk en kan nie wag dat almal dit moet hoor nie.  Daar is ongelooflike liedjieskrywers op die album.
Enigiets nuut in die pyplyn?  Daar is n paar goed waarna ek baie uitsien.  Ek het lekker baie shows wat voorle as TREE AAN klaar maak.  Eks baie opgewonde om n toekenning aan te bied by die jaar se TEMPO-Toekennings.  En dan doen ek ook n opname saam Pasella vir die Rugby Wereldbeker later die maand.  Aan die einde van die jaar doen ek n kus-toer saam met Jay en Monique Steyn.
Wat is volgende vir jou? Jy is ‘n baie gewilde sanger en nou ook op die verhoog as akteur?  Ek geniet wat ek doen en is dankbaar dat almal my so ondersteun.  Ek wil net aanhou mense vermaak. Albums maak en nog flieks.  Daar is GROOT nuus vir 2012 wat ek eers bietjie later kan deel met julle!

Comments