Die manne van Adam

“BOYS WILL ALWAYS BE BOYS”…….or will they ?
Nee, hulle word groot, raak wêreldwys en begin te besef waaroor die lewe gaan. Wat kry jy as jy `n boy-band met die volgende komponente kombineer;- pop en rock, moderne country invloede, 3 stemme, 3 instrumente, 3 MANLIKE mans en selfgeskrewe liedjies. `n Boy-band met `n verskil ?
Nee, eerder `n MANSGROEP met woema en dinamika. ADAM is `n groep waar manlikheid botoon voer. Die drie lede is almal kunstenaars in eie reg. Hugo Ludik wat geen bekendstelling nodig het nie, Reynardt Hugo wat ook beter bekend is as dr. Tertius Jonker van Binnelanders faam en Joe Foster 'n gevestigde musiekant,liedjieskrywer en vervaardiger. ADAM beloof om Suid- Afrika iets te gee wat hulle nog nie voorheen gesien of gehoor het nie.
Die titelsnit KLEURVOL is geskryf deur Hugo, Willie van der Merwe (wat saam met hom Papsopwinterwaternat geskryf het) en Johan Strydom. Dit is op almal van toepassing en gaan oor daardie spesiale persoon in jou lewe. Dinge kan hoe sleg wees en die probleme hoe groot, maar as jy daardie regte persoon in jou lewe het, is alles moontlik. “JY IS DIE KLEUR IN MY BLOU MAANDAG” som dit perfek op.
KLEURVOL, - is nie net vol kleur nie, maar vol van die bestanddele vir `n weghol sukses. By die 1 ste aanhoor daarvan kan jy dink dat dit gaan oor die 3 bekende manne se voorkoms. Begin jy egter te luister, besef jy dat die groep geseënd is met uitsonderlike stemme en ongeëwenaarde verhoogpersoonlikheid.
ADAM het dadelik `n platekontrak losgeslaan by STORM Rekordz en saam gaan ADAM en STORM mense laat wonder hoekom die groep nie lankal gestig is nie.

Comments