Heinz gesels oor sy nuwe CD

"Om so 'n album aanmekaar te sit, is 'n lang proses wat begin by die eerste woord en noot van die eerste song wat geskryf word, en eindig wanneer al die songs op die meester-CD gesit en gedruk word, na die winkels toe gaan en in julle hande opeindig - of deesdae - deur jou afgelaai word na jou MP3- speler. Daar is baie rolspelers langs die pad van hierdie kreatiewe, dinamiese, organiese en partykeer stresvolle proses. Elke persoon se bydrae is baie belangrik om op die ou end vir julle die beste moontlike produk te lewer. Ek is bevoorreg om saam met 'n baie talentvolle en toegewyde span te werk: van liedjieskrywers, vervaardigers, musikante en die wonderlike effektiewe span Select-Musiek-mense wat hierdie als moontlik maak en seker maak julle kry julle hande op my albums. Ek dra met liefde hierdie album op aan my seun, Lian, wat in hierdie tyd een geword het. Jy is pappa se wilgerboom by die waterstroom wat nooit dors sal wees nie, want jy drink van die Lewende Water wat net Jesus kan gee. Ek en mamma is baie lief vir jou en ons spreek lewe, gesondheid en ‘n vol lewe oor jou uit in die naam van Jesus."

Comments