Hoezit My Tjomma! - Die Flooze is terug . . .

7de LAAN se “Hoezit My Tjomma” Witbank Flooze (Sorina Erasmus) is terug met ‘n splinternuwe CD en show “ Ek Watch jou!!!”. Die CD wat einde Augustus die rakke sal tref gaan jou hart laat klop jou oë laat blink en jou voete laat juk . Jy kan op 8 Augustus (sowel as 31 Augustus en 2 September) hierdie ongelooflike, veelbesproke aktrise, sangeres en liedjieskrywer se nuwe klanke kom ervaar, beleef, beluister en jouself oorgee in n show wat jou gaan wegblaas anner kant Witbank verby!!! Haar classy Floozerayna moves bring die kommin in jou uit, haar “all ages” sin vir humor is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank en haar alombekende HOEZIT MY TJOMMA moves word deur Tjommas van alle shapes, sizes en ouderdomme gedoen. So bring die hele FAMILIE om dit te kom geniet. Hou vas jou lag en maak vas hierie dag my Tjomma want hier kom n Flooze van ‘n ander valley!!!
“Ek Watch Jou” word op 8 Aug die eerste keer in Barnyard Menlyn opgevoer (die volgende dag 9 Aug is ‘n vakansiedag so jy kan behoorlik kom litte losmaak want die volgende dag is “No work No pay”!!) dan word dit weer op 31 Aug en 2 September weer opgevoer.
Dié rondte klim Sorina, die meisiemens agter die masker van die Flooze, egter self ook heeltemal in die bokskryt om gestroop te staan en die binnekant van haar hart se woorde te wys. Met liefdes-lirieke in liedjies soos “Kaalvoet Lovers” en “Lief-Liewer-Liefste” kan mens nie anders as om krultoon weggevoer en meegevoer te raak nie.
Flooze en Sorina kom hierdie keer “face to face” teen mekaar te staan om die ultimate vraag te vra: WIie Is Ek?! Daarom is die “preutse plaasmeisie Sorina” en haar “wille Witbank alter ego Flooze” se “EK WATCH JOU” SHOW en CD ‘n koker-kombinasie wat nie gemis mag word nie want my tjomma as jy daar uitstap sal jy sê EK WATCH JOU!!

Comments