Karen Zoid - 10 jaar later

Die uitreiking van haar eerste album “Poles Apart” 10 jaar gelede het die verbeelding van beide kritici en die publiek aangegryp met die enkelsnit “Afrikaners is plesierig” daarop. Die liedjie het een van die heel grootste Afrikaanse treffers geword en Karen Zoid Suid Afrika se koningin van rock. Tien jaar en vyf solo-albums later gaan Karen Zoid op n nasionale toer om ‘n dekade in die musiekbedryf te vier. Die AFRIKANERS IS PLESIERIG TOER skop af in Kaapstad op 22 & 23 Julie by die Fugard teater. 10 shows in 10 stede word gehou vanaf Augustus tot Oktobermaand (Oppikoppi, Johannesburg, Bloemfontein, Pretoria, Potchefstroom, Langebaan, Durban, Nelspruit en Stellenbosch.) Oor die afgelope 10 jaar het Zoid se albums goue status bereik, sy’t ‘n SAMA ontvang vir Beste Vroulike Kunstenaar en het die verhoog gedeel met internasionale kunstenaars soos Metallica, Annie Lennox, John Mayer, Collective Soul en Hothouse Flowers.  TIME Magazine en die US News & World Report het haar rol as ‘n ikoon in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beklemtoon, terwyl eerstejaar studente aan verskeie Universiteite haar skryfwerk bestudeer as deel van hulle akademiese modules. In 2001 is aanhangers bekendgestel aan liedjies soos “Beautiful” , “Ons soek rock & roll” en “Verandering”. In 2005 het “Small Room” een van die mees gespeelde liedjies op Suid-Afrikaanse radio geword. “Aeroplane Jane” is die song wat  vir die afgelope drie jaar die meeste op die lug versoek word. Zoid gaan haar grootste treffers eksklusief by hierdie shows sing. Vir meer inligting en datums besoek www.karenzoid.co.za.

Comments