MK Sessies is terug in Bloem!

Op die 14de tot die 17de Julie is die MK Sessies weer terug in Bloemfontein – hierdie keer in ‘n splinternuwe venue en by ‘n fees met ‘n splinternuwe naam. Die Vryfees het vroeër jare bekend gestaan as die Volksbladfees. Met ‘n line-up wat die grootste name in die Rock bedryf op die verhoog gaan sit, is hierdie ‘n fees wat jy nie kan misloop nie. Die MK Sessies vind plaas by die SAB Blêrkas, en jy kan bands soos Van Coke Kartel, Die Heuwels Fantasties, en selfs Jack Parow daar te siene kry. Kaartjies kos R60 per aand, en beloof om die grootste paartie op die dorp te verseker!
Die program vir die MK Sessies 2011 in Bloemfontein lyk as volg:
Do. 14 Julie: Oros in ‘n Lang Glas, Dans Dans Lisa, Die Heuwels Fantasties
Vr. 15 Julie: Frank Freeman, Ashtray Electric, Jack Parow
Sa. 16 Julie: Colourblind, Foto na Dans, Van Coke Kartel

Comments