Pretty Yende is tops!

Ons is so trots op die Suid-Afrikaannse sopraan Pretty Yende wat aangewys is al die algehele wenner van die internasionale Operalia-sangkompetisie! Pretty was in die eindronde een van 10 soliste wat gekies uit 'n groep van 40. Die Burger skryf ook dat sy ak die wenner van die Zarzuela- en die gehoorkeuse-prys aangewys is. Oor haar oorwinning, het sy aan Die Burger vertel, "dit is ’n duidelike boodskap dat selfs die wildste drome bewaarheid kan word deur met deursettingsvermoë, harde werk, geduld en fokus altyd te streef na dit waarin jy glo”.

Comments