Tannie Carike en Snotkop

Op Snotkop se nuutste CD, Ek Laaik van Jol, bevat een van die snitte 'n kooorgedeelte van Carike Keuzenkamp se liedjie Dis 'n Land. Snotkop vertel hoekom hy die gedeelte gebruik het.
"Ek toer vreeslik baie die hele land vol, ek is gelukkig om elke dorpie en sy mense te beleef, ek het meer en meer besef ons het ‘n ongelooflike mooi land. Landskappe verander van die Kaap tot in die Vrystaat, die een net so mooi soos die ander. Ons kultuur en tradisies los ‘n warm gevoel in my hart en ek weet ek is tuis. Die song is ‘n reis wat begin in my kinderdae van wat ek sintuiglik onthou, die dae wat ek gedroom het om soos David Kramer te wees as jong laaitie, waterlemoen en potjiekos in die somer en in my later jare, die roadtrips deur Namakwaland en die sterre in die klein Karoo. Ek sal die plek vir niks verruil."

Comments