Carike Keuzenkamp onthou

Carike Keuzenkamp
Gister, 9 Augustus, was Nasionale Vrouedag landwyd gevier. The Beat het by bekende sanger, en aanbieder van die gewilde kinderreeks Kraaines van toeka se dae, Carike Keuzenkamp gaan gesels oor wat die dag vir haar beteken het, wat sy alles gedoen het en watter boodskap sy vir vroue van Suid-Afrika het.

Die meeste Suid-Afrikaners het gedink 9 Augustus was maar net nog 'n vakansiedag, maar daar is egter 'n dieper betekenis agter dit. Hoe voel jy oor Nasional Vrouedag? Alhoewel elke dag as ’n spesiale dag vir alle mense gesien moet word, skep Vroue Dag die geleentheid om te fokus op vroue in ons samelewing, nie net hul prestasies nie, maar ook op die wat seer ervaar met betrekking tot mishandeling en vroueregte.

Hoekom dink jy is dit belangrik om so 'n dag vir vroue opsy te sit? Die dag maak ons bewus van die belangrike rol wat vroue in ons samelewing het –  as ma, eggenote, vriendin en op werk-en-professionele vlak.

Wat het jy die dag gedoen? Rustig tuis, saam met my familie.

Wie is jou mees ikoniese vrou? Ek wil nie iemand uitsonder nie – vir my is elke vrou, wat dit regkry om ‘n goeie ma vir haar kinders te wees en ‘n goeie vrou vir haar man te wees – terwyl sy ook suksesvol in haar werk is – ’n ikoon.

Watter boodskap wil jy vir die vroue van Suid-Afrika gee? Maak nie saak of jy ‘n huisvrou of ‘n bekende beroepsvrou is nie, jy is belangrik, as jy jouself lief het en respekteer.

Comments