Elvis Blue hang aan 'n draadjie


Elvis voor die sprong

Elvis na die sprong
Idols-wenner Elvis Blue het blybaar nie 'n bang haar op sy kop nie. Die sanger het onlangs die bul by die horings gepak en by gaan reksprong by die bekende Bloukrans-brug van 216 meter hoog, iets wat hy as "'n onvergeetlik ervaring" beskryf. Elvis vertel dat hy al van te vore gereksprong het by die Gourits-brug, maar "maar met Bloukrans was die hoogste een nog. My maag het sommer knope gedraai voor die tyd."
Elvis en sy groep was vanaf die Oos-Kaap oppad terug Kaap toe, toe hulle oor die brug ry. "Ek het vir die ouens in groep genoem dat ons dit moet doen, maar niemand wou nie. Toe ons by die brug kom, het die een ou gesê hy sal dit saam met my doen. Ek was glad nie 'mentally' voorbereid daar op die en my bene het maar gebewe toe ek hoog op die platform staan en af staar in die dieptes in." Met die sprong het net gehoop "my oë val nie uit my kop nie" en probeer om na die horison te kyk "en nie af te kyk nie."
Andrenalien pomp egter dik in Elvis se are aangesien hy en 'n vriend gereeld rotsklim doen. "Ons het egter met ons laaste avontuur by Du Toitskloof so 'n paar jaar terug 'n nagmerrie ondervinding gehad toe my vriend homself beseer het en ons die nag al hangende teen die bergwand deurgebring. Dit was baie koud en ek het selfs gehallusineer. Ons het darem die volgende oggend veiligheid bereik." Op die vraag of hy weer sal reksprong, was sy antwoord "ja, beslis, dis iets wat ek vir almal wat andrenalien-verslaafdes is, sal aanbeveel."

Comments