Energie met NRG!

Dink net, ‘n toonaangewende, kommersiële popgroep soos Westlife en ‘n immergroen, revolusionêre pop/rock band soos die Beatles in een! Onmoontlik? Glad nie! Ontmoet vir NRG (Energy/Energie)! Christiaan Botha is die blondekop, blou-oog hoofsanger en kitaarspeler van die groep. Hy is deur Select Musiek genader as solosanger maar sy visier was op hoër hoogtes ingestel. Só het die konsep vir NRG ontstaan. Sy jeugdige voorkoms en romantiese aanslag maak jou knieë lam, maar sy betowerende, musikale stem gee die finale deurslag.
Warm uit die oond van die South Down Musiekkollege verskyn ‘n tiener-sensasie, die veelsydige- en talentvolle Abel Knobel. Hy bemeester die baskitaar, klawerbord en tromme en spog ook met ‘n voortreflike bariton stem. Rowan Zerf word ontplooi as ons die musiekdirekteur van die groep. Kitare, klawers, tromme, mondfluitjie en bykans enige iets wat ‘n noot kan voortbring is sy kos. Sy stem is ‘n verrassende vars bries en hy spog met ‘n indrukwekkende 2000+ optredes tydens die afgelope 10 jaar op twee vastelande.
Om die kroon te span as die polsslag van hulle energieke optredes, is die nuutste byvoeging die entrepreneur, Rudolph van Wyk. As ‘n deurwinterde tromspeler en sanger het hy menige kunstenaars oor die jare bygestaan as ‘n voorslagmusikant en boonop is hy ‘n energieke fiksheidsfanatikus. Hierdie opwindende nuwe groep gaan nog baie energie in die plaaslike musiekbedryf pomp. Hulle jong voorkoms is vars en hulle klank is nuut. Die verwagte vooruitsigte van hierdie nuwe groep se sukses blyk onafwendbaar te wees.

Comments