Nuwe Afrikaanse groep HULLE reik na die sterre

Wilmaré Rautenbach en Johan Oberholzer van Hulle
Die plaaslike musieklandskap is op die randjie van ’n revolusie, te danke aan Johan Oberholzer and Wilmaré Rautenbach, twee ongelooflike sanger/liedjieskrywers. Saam is hulle HULLE, die nuwe gesig van oorspronklike Afrikaanse pop, wat met net een enkelspeler al klaar nuwe lewe in trefferlyste regoor die land geblaas het. Die liedjie ‘Laaste Asem’ blaas almal weg wat dit hoor en groep is druk aan die werk aan die afronding van ’n albumvol briljante snitte wat daardie eerste uitreiking se liriese krag en uitstekende produksiekwaliteit sal bevestig en ondersteun. The Beat het met Wilmaré (W) en Johan (J) gesels.

Hoe het jullle op die naam HULLE besluit?
(W) Johan het met die naam opgekom, ek was bietjie huiwerig maar na n paar glasies wyn het ek lekker gelag oor die naam en besluit dit was n wenner

Julle snit Laaste Asem blaas nuwe lewe in die Afrikaanse musiekbedryf! Baie geluk. Hoe voel julle oor die sukses van julle debuut snit?
(J) Dis nogal belaglik. Ons het gehoop dat dinge vining sou gebeur, maar het rerig nie gedink dit sal als so glad verloop nie. Ons is besig om te doen wat ons geniet, so enige sukses is ‘n bonus op hierdie stadium.

Hoekom dink julle het die snit so baie slaankrag?
(W) Die Produksie is baie groot, ons het juis probeer om die snit soveel krag te gee as wat ons moontlik kon... juis omdat daar soveel emosie in die lirieke is. Ons wou n goeie balans skep tussen die klank en die storie en saam wou ons he moes dit n emosie opwek in mense wat wel uitsien na n lewe saam met hulle beter helfde.... en ook n emosie opwek in mense wat reeds n leeftyd saam spandeer het.
(J) Ek dink ook dit sit iets in woorde wat baie mense gereeld oor dink en ondervind. As "hulle" ‘n manier kan kry om mense te help om dinge duideliker uit te druk teenoor mekaar, voel ek, is ons werk gedoen.

Tot Willem Botha het op sy FB-blad die liedjie se prys besing - hoe voel julle tweetjies daaroor?
(J) Willem is ‘n great ou, en altyd baie ondersteunend en opgewonde oor alles. Dis lekker om ander mense in die industrie te he wat jou ondersteun, veral omdat daar so klomp swartgalligheid en jaloesie ook kan wees Daar is plek vir ons almal.
(W) Verskriklik Dankbaar aan almal wat ons ondersteun en n goeie woordtjie te se het. Dit laat n mens mos so lekkerrrrr voel as jy lekkerrrrr goedtjies hoor. Willem jy Rock!

Vertel ons nou eers, hoe en waar het HULLE begin?
(W) Ons ken mekaar van Laerskool... maar was eers in 2003 wat ons per toeval begin saam sing het.... Dit is n baie lang storie.... Ek is toe Kaap toe en Johan is Johannesburg toe, ag en ons het toe so bietjie kontak verloor en toe hier uit die bloute uit Mei vanjaar, toe kontak Johan my en se "Kom ons doen n Ding"
Ek se toe Lekkerrr...... en Voilà
(J) Dit was hoogtyd. Ons het ‘n verskriklike passie vir saamsing en dit kom ongelooflik natuurlik. Of dit nou 7 jaar later is of nie, dit moes net gebeur.

Wat maak HULLE uniek - anders as ander Afrikaanse groepe/musiekstyle?
(J) Hoe betrokke ons by elke aspek is. Ons neem ter harte wat die international groepe doen en werk dit in by ons metodes. Die resep wat suidafrika op die oomblik het, het gewerk vir ‘n tyd, maar dis nou verby. Mense soek diepte, en regte talent. Dis wat ons op die tafel sit.
(W) Ons skryf alles self en neem self alles op in Johan se "Basement Studio" Ons is heeltemal verantwoordelik vir ons eie klank in terme van Produksie. Ons is ook heeltemal betrokke met "HULLE" as n produk.... Ons bemarking ons identiteit.... Alles van begion tot einde. Dit is so Lekkerrrr......

Ons sien op julle FB-blad dat daar 'n HULLE "reality" tipe show is, Kyk 'n Bietjie. Vertel ons meer daarvan en hoe en waar mense dit kan sien?
(J) Ek en Wilmare' wou oorspronklik net alles dokumenter wat in die studio aangaan, en op Youtube uitsaai, om vir mense te verduidelik hoe betrokke ‘n kunstenaar kan wees. Toe kom Firestorm Productions, wat bestaan uit 2 baie goeie vriende van ons, Johan Nel en Floyed de Waal, en hulle verfilm dit so fantasies en snaaks, dat dit toe in ‘n reality show verander wat alles wys wat agter die skerms aangaan, van opnames, skryfsessies, fotosessies, ens. Dis ongelooflik interresant, en ek is seker mense gaan mal weer daaroor om te sien hoe elke liedjie gevorm word reg tot op die punt waar ons die album in ons hande het. Ons kan nie te veel se op die oomblik nie, maar ons sal binnekort vir almal laat weet waar en wanneer hulle dit kan sien.

Wanneer kom die debuut CD uit en waarna kan mense solank hul voorberei?

(W) Ons Album is op die Rakke in September. Ons hoop om mense bietjie te verras met die Klank en die Produksie. Daar is n paar dans liedjies, maar ook n paar trane trekkers op die album wat baie na aan die hart le.... En vir WP Rugby..... n nuwe Anthem waarna hulle kan uisien!
(J) Ons raak onderwerpe wat kunstenaars maar bang is om aan te raak. Ons sing oor dinge wat elke dag gebeur, maar ons vertel dit hoe dit regtig is. Dis ‘n album wat jy dwarsdeur kan luister, en ‘n hele "journey" volg. Dis 12 snitte, wat ek en Wilmare self geskryf ,vervaardig en opgeneem het. Wees gereed vir ‘n groot klank, met baie produksie waarde.

Wat weet mense nie van julle 2 af nie?
(W) Ek is nie regtig so "Blond" nie ;) En Johan het n body double op Photoshoots ;)
(J) Ek eet nie mayonnaise nie, en ek sing eintlik al Wilmare se stukke op die CD ook, ek maak dit net hoër... ;)

Wat dink jy is HULLE se suksesgeheim?
(W) Ons groot verbeelding 
(J) En ons liefde vir wyn...en goeie kos

Wat lê vir julle die jaar nog voor?
(W) Heelwat - baie.... ons hoop maar net dat alles wat ons aanpak lekkerrr sal wees met n bietjie sukses so aan die einde ;)

Hoe en waar kan mense uitvind van julle optredes?
(J) www.facebook.com/hulleduet Ons sal daar vir julle alles vertel.

Comments