ONTMOET: Moses Metro Man

Moses Metro Man
Maak gereed vir sekerlik een van Suid-Afrika se 'kiefste' groepe wat nog hierdie jaar sy verskyning gemaak het - Moses Metro Man. Hierdie relatiewe nuwe musiekgroep het laat in 2010 ontstaan. Die lede van Moses Metro Man was en is ook deel van ander groepe genaamd Straatligkinders, Winterstasie, Flip a Coin en Rean Rotweiler. Almal het naam gemaak op die Afrikaanse “rock scene” veral die groep Straatligkinders. Beide Straatligkinders en Winterstasie is vir vele toekennings genomineer en het ook ‘n paar huis toe gevat. Die ondervinding van hierdie lede saam met die inspirasie van groepe soos "30 Seconds to Mars" en “Angels & Airwaives” het gesorg dat Moses Metro Man ‘n vars en unieke “rock” klank bring tot die Suid-Afrikaanse musiek industrie. Hulle CD Konstellasies (op David Gresham Records) is nou beskikbaar en wees gewaarsku - dis kookwater musiek!

Comments