Afrikaans: Vuur en vlam

Karlien van Jaarsveld
Die Vir Afrikaanse Musiek Toekennings (VAMT) het Steve Hofmeyr, Gerhard Steyn en Jay is Woensdagaand met plantinum-eretoekennings bekroon en Juanita du Plessis met 'n eretoekenning vir dubbel-platinum tydens die sewende jaarlikse  Afrikaanse Musiek Toekennings VAMT. Die ABSA Beleggings VAMT 2011 is vanjaar in Carnival City se Big Top-arena, Brakpan, aangebied waar Afrikaanse musiek se goue en platinum-sterre vereer is. Altesame agt goue toekennings, drie platinum en een dubbel-platinum VAMT is oorhandig. Die VAMT is geskoei op albumverkope in Suid-Afrika en die verkoopsyfers is deur RISA (Recording Industry of South Africa) geverifieer. Goue status is gelykstaande aan albumverkope van 20 000 eksemplare of meer, terwyl platinum vir 40 000 eksemplare of meer is. Karlien van Jaarsveld, Lianie May, Sorina (oftewel die Flooze), Rocco de Villiers, Bok van Blerk, Gerhard Steyn en Juanita du Plessis het elk goue ere-toekennings ontvang. Een van die aand se verrassings was toe die Italiaanse minnesanger Patrizio Buanne die VAMT ambassadeurs toekennings ontvang het vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Hy het pas 'n album met hoofsaaklik Afrikaanse liedjies uitgereik, getiteld Life is Beautiful, Dankie Suid-Afrika.

Comments