Bobby van Jaarsveld tel die ure af

Om 3 uur vanmiddag word sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou Annetjie se eersteling met die hulp van 'n keisersnit die lewe ingebring. Bobby het vanoggend op Twitter genoem, "3 uur word ek PA!!! Prys God!!!!!!!!" Hy het ook op sy Facebook 'n boodskap gelos: "Nou ja, 3pm vandag - keiser, al wil ons nie, partykeer gebeur goed nie soos jy wil he nie - daar is 'n doel. Dis in God se hande." Ons weet alles sal reg wees, Bobby.

Comments