Heinz Winckler se EuroVision-droom

Heinz Winckler
Heinz Winckler is 'n besige man. So tussen optredes en tyd saam met sy familie spandeer, het hy nou ook inskryf vir EuroVision 2012. The Beat het by hom gaan aanklop oor sy nuwe uitdaging.

Ons hoor jy het vir EuroVision 2012 ingeskryf. Watter liedjie het jy ingeskryf en hoe werk dit? My inskrywing is vir die Switserse been van die Eurovision kompetisie vir 2012. Dit moes 'n oorspronklike komposisie wees wat nog nooit vrygestel is voor 1 Sept 2011 nie. Ek het die lied so maand terug geskryf en toe vervaardig saam met die mense wat gewoonlik op my albums werk. Dit was 'n baie lekker proses! Switserland hou oop oudisies en enige iemand van regoor die wereld kan inskryf. Mense kon 'n song met video gaan laai op die webtuiste van die offisiele uitsaaier van die Switserse kompetisie, soos wat ek gemaak het (http://www.eurovisionplattform.sf.tv/videos/who_you_really_are). 'n Paneel van beoordeelaars, uitgemaak uit mense van die duitse tv stasie asook 'n Italiaanse en Franse radio stasie (drie offisiele tale van Switserland) kies 'n top 14 uit die inskrywings. Die stemmery is ook van 16-30 Okt oop vir die publiek uit enige land om te stem (dit sal blykbaar 50% bydra tot die finale keuse). Hier is instruksies oor hoe om te stem: http://www.eurovisionplattform.sf.tv/extension/ugc/design/songcontest/pdf/Voting_Explanation_English.pdf. Die top 14 sal op 10 Des lewendig op die Duitse uitsaaier optree (2min weergawes van die liedjie). Dan kan net Switserse mense stem vir die een wat hulle dan sal verteenwoordig by Eurovision Mei 2012.
Hoe het jy van die kompetisie te hore gekom en wat het laat besluit om in te skryf? Ek is genader deur 'n persoon, Michael Kuipers wat my meer vertel het daarvan. Hy het my via epos ingelig oor die moontlikheid dat enige iemand kan inskryf vir die Switserse been van die kompetisie, en dat hy dink ek moet inskryf want hy dink ek staan 'n goeie kans. Nie alle lande is oop vir enige inskrywings nie. Dis 'n unieke geleentheid. Ek het bietjie my huiswerk gaan doen en in samewerking met my platemaatskappy het ons vasgestel dis inderdaad 'n moontlikheid. Dis 'n wonderlike geleentheid wat moontlik vir my kan help om 'n internasionale loopbaan, waaroor ek al lank droom, te bewerkstellig.
Wat maak EuroVision anders as ander musiekkompetisies? Ek dink dis omdat dit uniek aan Europa is en die fokus is meer op die lied as die kunstenaars of band.
Jy het die afgelope twee naweke by SkouSpel opgetree. Hoe was die optredes vir jou gewees? Baie lekker! Dit was vir my 'n groot voorreg om aan so 'n groot en asemrowende produksie deel te wees.
Wanneer sien ons jou weer op TV (in 'n reeks of so)? Ek weet nie. Op hierdie stadium is daar nie iets in die pyplyn nie. Ek sal baie graag weer toneel wil speel, so ek hoop die regte geleentheid kom weer oor my pad.
Vertel ons 'n bietjie die agtergrond van die workshops wat jy hou? Ek word gereeld genader deur mense wat wil weet hoe hulle in die musiekbedryf kan inkom. Ek het eventueel besef ek kan nie in 'n 5 min gesprek dit vir iemand verduidelik nie want daar is baie inligting om te deel. Ek het toe middel 2010 begin om dag werkswinkels aan te bied wat gedeeltelik teorie en gedeeltelik prakties bevat. Ek vertel hulle my storie van hoe ek gekom het waar ek is, dan hanteer ek die persoonlike en besigheids aspekte van wat 'n mens in plek moet he om 'n beter kans te staan om 'n suksesvolle kunstenaar te word.
Die jaar is besig om vinnig na 'n einde te loop. Wat gaan jy en jou familie oor Desember doen? Ek toer kuslangs saam met Charlize Berg tussen 16 en 23 Des. Dan sal ek Kersfees by my ouers in Betty'sbaai deurbring. My en Alette se families kuier gewoonlik saam op kersdag. Ek dink ek gaan eers vroeg in Jan 'n werklike vakansie kan neem. Maar ons sal maar sien hoe die dinge uitdraai.
Enige nuwe musiek op pad vir aanhangers? My nuwe album, 24/7/365, is maar nog net 2 en 'n half maande uit, so vir nou is dit my "nuwe" musiek. Daar is natuurlik hierdie Eurovision song ook. Ek hoop om weer so teen Feb/Maart volgende jaar aan nuwe musiek te begin skryf.

Comments