Jack Parow is die ou!


Rapper Jack Parow gesels met The Beat oor sy nuwe CD Eksie Ou, die besoek van die ooievaar en hy lig die sluier oor projekte vir 2012!

Jack Parow (Manfred Werner)
Welkom terug met 'n kief CD! Hoe dink jy verskil Eksie Ou van jou eerste uitreiking? Almal se musiek groei maar saam met hulle,so ek dink my nuwe invloed en natuurlik van my ou invloed kom sterk deur. So op die album is daar alles,van lekke boere musiek vibes tot dubstep tot rap ens ek het ook die vooreg gehad om saam met nuwe mense te werk op songs en hulle invloed speel ook obviously n groot deel in hoe die tracks uit kom. Overall is ek ma net verskriklik trots op die nuwe album,almal se altyd die tweede album is die belangrikste album en ek dink ek het dit reg gekry om n album uit te sit wat verbeter op die eerste een.
Wat wou jy anders doen hierdie keer met jou CD? Ek probeer maar net altyd musiek maak waarvan ek self hou, ek dink nie daaraan om "hits" te maak ens nie, ek maak musiek wat ek like en dan hoop ek die mense like dit ook. Ek dink sodra jy probeer musiek maak en heeltyd dink van of die mense daarvan gaan hou ens verloor jy daai deel van jou musiek wat die mense in die eerste plek van gehou het
Enige snitte wat vir jou uitstaan, en hoekom? Jis,ek weet nie,eks regtig baie trots op die album as n geheel en nie op enkele snitte nie. Songs wat ek baie van gehou het om te maak is definitief hos tokolosh saam gazelle,ons het dit heeltemal as n gesaamentlike projek angepak en actually twee versions gedoen,een vir album en een vir hulke album en gaan 'n reuse campaign met videos, t-shirts ens rondom dit run in die nuwe jaar. Dan natuurlik ook om saam met David Kramer te werk was amazing,hy is 'n hero van my en was vir my die grootste eer om saam met hom te kon werk. Ma al die songs was lekker,justin de nobrega,my producer,is die koning en hy maak alles so vet soos wat mens dit kan kry.Ek het ook weer saam baie van my chommies kon werk,soos franni van coke,pierre greeff, haezer, sibot, ph fat en konstukt.
Jou debuut CD was moerse gewild gewees. Was jy skrikkerig om die nuwe CD op te neem en dat dit dalk fans sal teleurstel? Ag,ek dink nie so daaran nie,soos ek in die vorige vraag gese het,ek maak musiek waarvan ek hou en hoop dan maar dat my fans like dit ook. As ek heeltyd dink an of hulle dit gan like of nie sal ek mal raak en ek dink dit sal ook dan veroorsaak dat die album nie uitkom soos hy moet uitkom nie. Ek skryf maar net musiek.
Met watter mindset het jy in die ateljee ingegaan? Om iets te maak waarop ek self kan trots wees,iets wat ek sal luister,dis maar altyd die main idee agter my musiek
Jack se nuwe CD, Eksie Ou
Ons geniet vreeslik jou co-labs met Dawid Kramer, Francois van Coke (Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel), Pierre Greeff (Die Heuwels Fantasties), Gazelle, Haezer, maar hoe het jy op David Kramer afgekom? Vertel ons die storie daaragter? Ek is n reuse van van David Kramer,ek het groot geraak op sy musiek,so dit was nogaltyd 'n droom om iets saam met hom te kan doen. Oppikoppi het my actualy genader om 'n song saam met hom te doen by die jaar se Oppikoppi,dit was 'n tribute show en ek het natuurlik ja gese. Toe het ek hom ontmoet en an die song gewerk en na die tyd vir hom gevra of ons dit op my nuwe album kan sit en hy was baie amped.
Met wie sal jy nog graag 'n song wil opneem? Ek dink daar soveel amazing artists in Suid-Afrika,so ek wil regtig met baie van hulle nog werk. Mense soos valiant swart,koos kombuis,albert frost en die blues broers,ja nee,die lys hou net an. Wou saam met valiant n song vir my nuwe album gedoen het,ma tyd het uit gehardloop,hopelik op die volgende een.
Jy neem deel van die MK Avontoer, wat kan mense verwag van jou op die toer? Ek speel met my full band,dj naaldekoker,merwe marchand en jade en ook nou louwtjie rothman op guitar,so verwag n lekke gevaarlik high energy show. Die songs van my nuwe album is ook nou in die set,so dit gan iets fresh en nuut wees,kyk uit!
Behalwe die toer, hoe en waar gaan jy die res van die Desember-vakansie deurbring? Ag,gan maar biekie met die familie hang,see toe gan en n paar stywe braais gooi...nie enige iets te heavy nie,kort biekie rus.
Enige groot planne vir Ou Jaarsaand? Ek speel by Jolly Dolphin in jbay,so dit gan 'n jol wees,mal oor jbay en amped vir die party!!
Ons hoor die ooievaar gaan jou besoek. Baie geluk. Hoe voel jy om nou ook die rol van 'n pa te speel? Ek is so excited,jis,dit lat my net glimlag elke keur as ek daaraan dink,ek kan nie wag nie. Jenna is ook n amazing mens en gan n wonderlike ma wees,so ek sien net goeie goed in die future. Die excitment borrel al amper oor in my!!
Sal jy toelaat dat jou kinders (as jy 'n groter familie het) na jou musiek luister? Natuurlik,ek bedoel,deesdae hoor kinders alles anyway en ken alles,maak nie saak hoe veel hulle ouers hulle probeer protect daarteen nie,ek sal eerder lat hulle dit by my hoor en dat ek vir hulle kan se en verduidelik oor wat verkeerd en reg is as wat ek hulle overprotect en hulle dit iewers anders optel. My ouers was openlike mense en het alles met my gedeel en disscuss en dit het so n baie vir my beteken,n mens moet streng wees maar n mens moet ook vriende wees,ek dink dis belangrik.
Wat was die grootste les wat jy by jou ouers geleer het en wat sal jy graag vir jou kind(ers) eendag wil leer? Wel, soos ek hier bo gese het,ek dink dis belangrik om vriende met jou kinders te wees en ook obviously streng. Maar n openlike verhouding met jou kinders is belangrik,hulle moet na jou toe kan kom met enige iets en moenie bang wees om daaroor te praat nie.
Behalwe pa wees in 2012, watter ander groot projekte wag nog? Ek het my braaisous wat op die rakke is,n speel goed reeks wat uitkom en dan n paar ander secret projekte onder my label parowphernalia en dan ma net toer,nuwe mense ontmoet en lekke musiek maak...eks amped!!
WEN! The Beat gee vir een gelukkige leser die kans om Jack se nuwe CD, Eksie Ou te wen. Epos jou besonderhede met JACK in die onderwerplyn na emileb@mweb.co.za

Comments