Robbie Wessels praat rugby, musiek & meisies


Afrikaanse-sanger Robbie Wessels laat ons altyd lag met sy pittige en prettige musiek en musiekvideos. The Beat het by hom gaan kuier en oor musiek, geloof, meisies en rugby gesels.
Robbie Wessels
 Jou musiek laat 'n mens altyd lekker lag en laat jou met 'n groot glimlag op die gesig. Waar kom jou musiek idees vandaan? Dit kom van my kinderdae op die plaas vandaan en ook al die interressante mense wat ek ontmoet op my reise.
Verkies jy komiese/lekker dans musiek, of meer ernstige musiek as jy musiekskryf/opneem? Beide ‘excite’ my. Ek het ‘n passie vir albei.
Kan jy nog onthou wats die heel eerste CD/plaat wat jy gekoop het? As ek reg onthou, was dit ‘n Theuns Jordaan CD, maar kan nie die naam onthou nie.
Jy is nie net bekend in Suid-Afrika nie, maar ook oorsee, veral Australië. My swaer André en sy laatie Luc luister gereeld jou musiek en die laatie is mal oor jou musiekvideos. Waar kom jou prettige idees vir die musiekvideos vandaan? My storie is meestal baie eenvoudig met ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde, so dit is eintlik maklik  om idees en prettige idees vir die videos uit te dink. Gewoonlik is die videos ook ‘team work’ en almal lewer insette, en dit geniet ek
Robbie Wessels se Liewe Ouers
In die musiekvideo vir Liewe Ouers sien ons jou in 'n speedo, crocks en 'n braaitang - hoe maklik of moeilik was dit om daardie musiekvideo op te neem? Jong, daar die een was nogals moeilik want ek het nie die mense geken wat almal daar was nie, so ek was soms maar lekker skaam gewees! (Lag)
Jy het drama geswot en in 'n paar TV-reekse gespeel en 'n fliek. Watter ander groot produksies le nog voor vir 2012? Ek gaan in die nuwe Getroud Met Rugby speel en dan kom ons nuwe fliek, “100 Meter Leeuloop” in September uit.
Wat geniet jy die meeste van jou "live" optredes? Om altyd saam met my ‘band’ grappies te maak en net lekker te lag.
Wie is jou steunpilare in die lewe? Eerstens, my Skepper, my kerk en dan my familie.
Jy is in Kroonstad gebore, skoolgegaan in Kroonstad, Kaapstad (Strand) en geswot in Pretoria en bly ook nou daar. Wat verkies jy, Pretoria of Kaapstad? Mmm, ek is lief vir Pretoria, maar Kaapstad het ‘n bekoring van sy eie.
Vir wie skreeu/ondersteun jy nou met die Super 15 rugby-reeks? Die Cheetahs!
Robbie Wessels op Loftus
 Wat weet mense nie van Robbie Wessels nie? Dat ek in my bussie slaap by die BP Garages as ek moeg is vir ry.
Ons lees jy het 'n redelike rugbyspeler. Wat is jou gunsteling rugby-posisie? Losskakel, want mens hoef nie baie te tackle nie!.
Hoe sal jy te werk gaan om vlerk te sleep by 'n girl? Ai, ek het dringend raad nodig in daai area. Help asseblief! (Lag)
Wat is vir jou die mooiste Afrikaanse liedjie? Beautiful in Beaufort-Wes van Theuns Jordaan.

Comments