(Sexy) Jay gesels nuwe musiek en Lianie May


Jay (du Plessis) is 'n besig man. Die smeulende sanger is hard aan die werk besig om 'n nuwe duet-album saam met Lianie May op te neem en hy vertel The Beat bietjie daaroor, sy liefde vir Adele en aaklige skinderstories wat hy al van homself gehoor het.
Jay

Jy het die land behoort aan die gons met jou musiek en nou bring jy en Lianie saam 'n duet album uit in Mei. Vertel ons bietjie meer van die CD? Dit is n album wat ons al lank beplan en nog nie tyd voor gehad het tot nou toe nie...
Wat kan aanhangers verwag om te hoor? Daar is so ietsie van als op omdat ons self van verskydenheid hou...so ‘n paar lekker upbeats,’ n paar balades wat die hartsnare speel en ‘n paar bekende oorspronklikes as bonus asook ‘n paar covers van groot internasionale duet treffers.
Hoekom dink jy maak Lianie en jy so 'n super duet-paar? Ek dink elke groep of duo se sukses rus op hoe die energie en kreatiwiteit saamsnoer en of mens goed saamwerk en van mekaar hou. Ek en Lianie doen al die dinge sonder moeite baie goed saam en natuurlik is daar iets van die ‘blend’ van ons stemme wat ons nie noodwendig kan verduidelik nie, maar net weet dit is uniek.
Wat gaan die eerste snit van die CD af wees? Dit sal een van ons nuwe oorspronklike ‘songs’ wees, wat ook die titelsnit van die album is. Bonnie en Clyde
Hoe het dit gebeur dat jy en Lianie besluit het om die CD op te neem? Dit was meestal omdat ons ondersteuners daarvoor gevra het...eers het ons net een ‘song’ opgeneem en toe nog een en daarna het almal gevra dat ons ‘n hele album moet doen. 
Lianie May
Buiten musiek maak, hoe spandeer jy jou 'vrye' tyd? Ek probeer so veel as moontlik van my vrye tyd saam met my seuns Samuel en Aidan spandeer en om perd te ry hier by die huis of om te gaan kamp op die plaas of enige iets te doen wat my ontspan en my tyd saam met my gesin gee.
Het jy enige troeteldiere? Ricky, Monster en Milo die chocolate bruin lab....Milo vreet alles op en gee ons eindelose plesier en liefde met sy groot persoonlikheid...die ander twee hondjies is die baas van die huis en die bank en die bed... Die 3 van hulle is soos kinders in ons huis en deel van die familie.
Wat is die mees belaglikste skinderstorie wat jy al oor jouself gehoor/gelees het? Dat ek verloof geraak het aan n ander vrou terwyl ek nog getroud is met my vrou... Ek het gedink dis onwettig, maar blykbaar nie...ha ha!
Watter ander projekte is daar in die pyplyn vir jou vir 2012, of selfs 2013? Die volgende projek is defnitief my volgende solo album voor die einde van die jaar...daaroor is ek baie opgewonde.
Watter musiek luister jy op die oomblik na? Ek is nog steeds op Adele se ongelooflike stem...
Saam met wie sal jy nog graag musiek wil opneem? Adele..
Wat is jou "motto" in die lewe? Vandag is nog beter as gister en more is te laat.
Kan jy onthou wat jou heel eerste CD/Plaat was wat jy gekoop het? My eerste ‘single’ plaat wat ek gekoop en vrot geluister het was Laurika Rauch se 'Jy is te dierbaar om seer te kry'...dit was baie lank terug.
Enige snaakse 'fan encounters' al gehad? Die malletjie wat my vir n paar jaar ge’stalk’ het en vas geglo het ek gaan met haar trou en dat ay met een of ander ‘imaculate conception’ swanger was met my kind...was nogal scary en baie vreemd.
* Terwyl ons in spanning wag vir Jay en Lianie se duet-CD, gaan kyk gerus hul super-treffer video vir Toe Stop My Hart, HIER!

Comments