Kurt Darren laat jou voete jeuk!

Kurt Darren
Wat meer kan 'n mens vra as heerlike Afrikaanse wikkelmusiek op 'n koue Kaapse Woensdagoggend. Kurt Darren, die Prins Van Afrikaanse pop- en wikkelmusiek, is hard aan die werk aan sy nuwe CD wat einde Julie uitgereik word. Hy het op sy Facebook-blad geskryf: "Môre (vandag) is my laaste dag in die ateljee, nuwe CD einde Julie!!! O, julle gaan (dit) geniet!!!" Kurt het vroeër vandeesweek  aanhangers verras met 'n uittreksel van een van sy nuwe liedjies, Heidi. Die lekker dansliedjie speel rond met die kinderreeks Heidi se temaliedjie, maar Kurt gee dit lekker woema. Een van sy Nederlandse aanhangers het laat hoor: "Weer zo een super oppep liedje dank je." Kurt het ook laat weet dat hy en Snotkop saam werk aan 'n nuwe liedjie, Stoomtrein, "'n awesome nuwe song, hy bring bietjie magic na my nuwe CD toe". Ons kan natuurlik nie wag om die res van die CD te hoor nie! Luister na die uittreksel van die liedjie Heidi, HIER!

Comments