Local is always lekke'

Lonehill Estate - Lonehill Estate
Rockers Lonehill Estate's self-titled aCD is packed with a list of tracks that are instantly recognisable, from Technoband, to Daans, The Green Pocket, Gangstar, and Look Good. What seems to be more of a ‘Greatest Hits’ album is essentially Lonehill Estate’s first release since the hit single Technoband brought them star-studded stature. With previous intentions to only release digital singles, it wasn’t long before Lonehill fans were craving a physical disc for their collections and the result is something out of this world, literally.  Kicking off with an intro that erupts with futuristic electro beats, not necessarily musically pleasing, this starter definitely sets the scene for what’s to come. The band will be travelling to Switzerland in July to perform at renowned Montreux Jazz Festival." (By Genevieve Vieira)

Theuns Jordaan - Roeper
Met verkope wat raak-raak aan een miljoen, het Theuns Jordaan bewys dat hy een van die grootste stemme in Afrikaanse musiek is. Hy is nie `n kunstenaar wat jaar na jaar CD’s vrystel nie – hy wag tot die tyd reg is en hy seker is dat hy die beste moontlike produk vir sy derduisende aanhangers kan gee. Dit was `n lang wag, maar sy vyfde solo-album, Roeper, was beslis die wag werd. Die album bestaan uit veertien snitte waarvan Theuns op tien die skrywer of mede-skrywer was. Een van die liedjies, Voor die Storm Kom, is reeds `n treffer en die duet tussen Marta Gomez en Theuns op die Spaans-Afrikaanse weergawe van Soos Bloed wys hoe ver Afrikaanse musiek kan strek. Hierdie album beloof om weer, soos met Theuns se vorige albums, meer as een treffer op te lewer en ’n reuse sukses te wees.

Jay & Lianie - Bonnie En Clyde
Een van Suid-Afrika se mees geliefste duetpare, wie se stemme roerend saamsmelt en sing van eindelose liefde en hartsbegeertes – niemand kan dit beter doen as Jay & Lianie! En nou bring die twee platinum verkopers en gunsteling sangpaar vir jou hulle eerste amptelike duetalbum, “Bonnie en Clyde”.  Geniet splinternuwe treffers soos “Bonnie en Clyde”, “As jy sing” en “Rug teen die muur”.  Reis terug na die verlede en raak van vooraf verlief op ou bekendes soos “My first love(Head over heels)”, “We belong” en ‘n string nuwe verrassings. Geen Jay & Lianie duet album is volmaak sonder die treffers wat die sangpaar diep in almal se hart laat inkruip het nie, onder andere “Toe stop my hart”, “In a moment like this” en “Lank lewe die liefde”.

Comments